Saam Vorentoe
Help Maties Sport se Student-Atlete wat nie meer finansiële hulp as gevolg van die impak van Covid-19 ontvang nie, met hul onderriggelde
#Train4Fees gaan nou in ekstra tyd en ons mik nog hoër. Met 30 addisionele dae en ‘n nuwe mikpunt van R2 miljoen, loop #Train4Fees die ekstra myl vir ons Matie-atlete.
Danksy jou vrygewigheid en ondersteuning het ons reeds R732,137 ingesamel (soos op 31 Julie 2020). Die wenstreep is in sig maar ons benodig steeds jou hulp om die nuwe mikpunt van R2 miljoen teen 31 Augustus 2020 te bereik.
Dinge was maar moeilik vir ons studente-atlete voor die inperking en COVID-19 het dinge net moeiliker kom maak. Met jou volgehoue ondersteuning weet ons egter dat ons studente-atlete die grootste hindernis op pad na sukses kan oorkom.
ONS PLAN VAN AKSIE:
#Train4Fees. Noem dit op sy naam. Maties Sport se afrigters, spelers, oud-spelers en ondersteuners is vuur en vlam om HUL SPELERS te ondersteun! Drafskoene gaan aangetrek en op fietse geklim word, Snuffels gaan ‘n leiband om die nek kry en tesame met talle ander Maties Alumni en hul ondersteuners, gaan daar vanaf 1 Junie tot 31 Augustus gehardloop en fietsgery word om ons spelers met hul onderriggelde te help. Klik hier om te sien net wie is ook #Train4Fees ondersteuners!
Fondse gaan vir elke kilometer ingesamel word.
HOE JY KAN HELP ONDERSTEUN:
Hoekom nie SKENK of DEELNEEM en só die bal aan die rol sit nie?
Jy kan enige lid van Maties Sport se fondsinsamelaars, soos ons hier onder aandui, in jou gekose sportsoort borg vir elke km wat hulle kafdraf. Kry jou familie, vriende, kollegas en oud-spanmaats om te skenk of deel te neem.
OF
Jy kan deelneem deur te hardloop, fiets te ry, op ‘n skaatsplank te klim of op ‘n drafstappie te gaan … watter oefening jy ookal geniet om fiks te bly – of verdere ondersteuning bied deur ‘n fondsinsamelaar vir #Train4Fees te word.
Dis mos die Maties gees!
DIS TYD OM TOT AKSIE OOR TE GAAN! MAAK JOU KEUSE EN BLY DAARBY! Word deel van #Train4Fees se span!
Skenk Nou
Wees bereid om ‘n student en speler van Maties Sport wat as gevolg van Covid-19 finansieël swaarkry, met hul uitstaande onderriggeld te help en skenk aan #Train4fees.
Klik hier om by te dra
Wys jou ondersteuning
Maak asseblief ‘n bydrae tot #Train4fees om Maties Sport-studente te help wat finansiële steun
verloor het as gevolg van die impak van COVID-19.
Vir 'n vinnige en maklike manier om te skenk, skandeer gerus hierdie SnapCode met jou SnapScan-
app!
MATIES SPORT: ‘N WARE TOONBEELD VAN UITNEMENDHEID
Ons student-atlete hier by die Universiteit van Stellenbosch en Maties Sport is juis is ‘n goeie voorbeeld van die noue wisselwerking tussen hoë-vlak deelname aan universiteit-sport en die opvoedingmissie van ‘n universiteit wat uitnemendheid nastreef. Ons bou allermins spanne van uitstaande gehalte en ryg die individuele prestasies in, net soos Maties Sport Alumni destyds gedoen het.
Die volgende stap is dat jy eenvoudig ‘n span vanuit Maties Sport kies wat op jou ondersteuning kan staatmaak:
Rugby
Ons Matiesspan het omtrent oorheers en die 2019 Varsity Cup-beker hoog gelig deur Tuks met 34-12 te oorrompel. Boonop was hulle die ganse seisoen onoorwonne!
Klik hier om aan te sluit
Krieket
Maties Krieket het nie minder as drie Suid-Afrikaanse Proteas-spelers opgelewer nie – die voormalige draaibouler, Omar Henry, ‘n Proteas boulafrigter en voormalige swaaibouler Charl Langeveldt, en die voormalige snelbouler, Roger Telemachus. Dis nou die gepaste tyd om ‘n toekomstige kolwer te help ...
Klik hier om aan te sluit
Hokkie
Daar’s min dinge soos die geluid van ‘n hokkiebal wat teen die agterkant van ‘n doelhok klap. Ons spelers het geensins tydens die vorige seisoen teruggestaan nie – tien spelers het SA kleure vir beide die Senior Mans- en Vrouespanne ASOOK die SA o/21 Mans- en Vrouespanne ontvang.
Klik hier om aan te sluit
Netbal
Maties Sport se 2019 “Span van die Jaar” het die finaal van Universiteit-Sport Suid-Afrika (USSA) en Varsity Sport gehaal, EN boonop TUKKIES vir die eerste keer in meer as 10 jaar geklop. Vat so, Tuks.
Klik hier om aan te sluit
Sokker
Praat van ‘n bevordering! Ons span het hul pad tot binne-in Universiteit-Sport Suid-Afrika (USSA) se A-afdeling oopgehardloop, aangegee, geskiet en gekontroleer.
Klik hier om aan te sluit
Meer Maties Sport
Atletiek, swem, tennis, parasport, gimnastiek, Taekwando ... in werklik elke sportsoort wat Maties Sport aanbied, streef ons student-atlete uitnemendheid na en is gefokus om op ‘n hoë vlak te presteer.
Klik hier om aan te sluit
Registreer as ‘n #Train4Fees Fondsinsamelaar
ONS ROEP AL WAT ONDERSTEUNER IS ... Jy’t mos daai Maties Sport gees, of hoe? Luister bietjie hierna: Jy hoef nie ‘n Maties Sport student-atleet te wees om fondse soos ‘n hofbalju voor maandeinde in te vorder nie. Kry jou netwerk – familie, vriende, kollegas, die bure af in die straat – om per kilometer te skenk. Só word JY die impakspeler!
Klik hier om aan te sluit