SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram – #ChangingLives
HELP ONS OM DIE VOLGENDE GENERASIE VAN BEROEPSLUI TE BOU
“SciMathUS is ‘n tweede kans, want ons is bewus van jou potensiaal. Ons kyk nie na studente wat gefaal het nie, maar ons vestig ons aandag op studente wat daadwerklik hul doelwitte en drome wil bereik. Hoe jy hierdie tweede kans benut sal bepaal hoe jou lewe vorentoe verloop.”
Inderdaad, ʼn duidelike beroep wat Nokwanda Siyengo, Komponenthoof van die SciMathUS-program, op ‘n see van afwagtende gesigte maak – die SciMathUS-inname vir die jaar. En dis reeds 20 jaar waarin soortgelyke tweede kanse aangebied word.
Hierdie tweede kans is wat so krities is aan die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram. Gun ons ‘n fraksie van jou tyd om te verduidelik waarom hierdie program die deur open vir talentvolle jeugdiges uit onderwysbenadeelde omgewings met motivering en ʼn visie om te slaag; en hoe dit tot voordeel strek vir jou besigheid of vir jouself, as alumnus, wie die kans gehad het om te ondervind wat Matie-wees als behels. Dr Gerald Maarman,* die eerste SciMathUS-begunstigde om ʼn PhD te verwerf, se storie soos uitgebeeld in die video hierbo vertel hierdie verhaal van transformasie.
Dit gaan inderdaad oor #ChangingLives.
* PhD Kardiovaskulêre Fisiologie, Universiteit Kaapstad
MSc Geneeskundige Fisiologie, Fakulteit Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe, US
BSc Hons Geneeskundige Fisiologie, Fakulteit Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe, US
BSc Menslike Lewenswetenskappe, Fakulteit Natuurwetenskappe, US
Hoe SciMathUS te werk gaan
Indien leerders se prestasies in Wetenskap en Wiskunde grotendeels vooraf bepaal word deur die tipe skool wat bygewoon word, eerder as die inherente potensiaal van die leerder, sal baie leerders met potensiaal uitgesluit word van die kans om verder te studeer en uiteindelik aktief deel te neem aan die ontwikkeling van die land – beslis ʼn verlore geleentheid, met ernstige langtermyn sosio-ekonomiese kostes, soos uitgelig deur prof Mdu Ndlovu in sy navorsingsartikel (Re-envisioning the scholarship of engagement: Lessons from a university-school partnership project for mathematics and science teaching).
SciMathUS, 'n universiteitsvoorbereidingsprogram wat werksaam is binne die Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP), poog om deure vir hierdie jongmense te open – wat andersins op die rand staan om deel van die 3,2 miljoen jeugdiges in Suid-Afrika van 15 – 24 jaar oud te wees wat nie ʼn beroep beoefen, onderrig ontvang of opgelei word nie. Die onwaarskynlikheid om ooit 'n graad te voltooi wat hulle in staat stel om hul doelwitte te bereik en 'n waardevolle bydrae tot die breër Suid-Afrikaanse ekonomie te lewer, moet nie die gegewe wees nie. Hier is waar SciMathUS op die toneel tree en die inspirerende stories van ons SciMathUS-alumni is bewys van hierdie transformasie.
In 2021 het meer as 2 000 studente aansoek gedoen vir die 100 beskikbare openinge – laat dit insink – 2 000 het aansoek gedoen vir 100 openinge … jy besef hoe dringend die saak is.
Die SciMathUS-program ontsluit die potensiaal van voorheen benadeelde studente en dra positief by tot die diversiteitsprofiel van die Universiteit Stellenbosch, terwyl ʼn tekort van juis hierdie landsburgers in gesogte Suid-Afrikaanse professionele posisies, aangespreek word. SciMathUS-alumni neem hul plek in die samelewing in as rekenmeesters, navorsers, dokters, ingenieurs, onderwysers, voedselwetenskaplikes, geoloë en vele ander.
Die dag van die matriekuitslae
Hulle het gedroom oor die lewe op universiteit, die vriendskappe om te bou en die eskapades om aan deel te hê, ‘n wonderlike loopbaan en die pad wat hulle vorentoe gaan loop.
Dink jou in … hierdie hoop en drome verbrokkel in ʼn oogwink: hulle kry hul matriekeksamenuitslae en daarmee saam, die besef dat hierdie Wiskunde- of Fisiese Wetenskap- of Rekeningkunde-punte nie die paal sal haal nie; dat hul skoolopleiding hul nie voorberei het met die nodige kennis en insig om ʼn goeie slaagpunt te kry nie. Skielik is die gesogte graadprogram met hoë toelatingsvereistes nie meer binne hulle bereik nie.
Die verandering wat SciMathUS teweeg bring.
Hoe struikelblokke oorbrug word
Struikelblokke vir toegang tot hoër onderwys kan baie vorme aanneem. Die Universiteit Stellenbosch, in sy verbintenis tot die uitbreiding van toegang tot hoër onderwys, bied die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram aan gemotiveerde en talentvolle jongmense uit hulpbronarm gemeenskappe om hulle te help om hul drome te verwesenlik en 'n bekwame beroep te bekom.
Met JOU ondersteuning kan ons verseker dat baie meer jongmense vanuit opvoedkundige agtergeblewe omgewings toegang kry tot hoër onderwys en ekonomies aktiewe burgers word wat ʼn bydrae tot die kennis-ekonomie lewer.
Help ons om 'n kritieke massa van hoogs bekwame professionele persone in wetenskap, ingenieurswese, tegnologie, medisyne en die ekonomiese en bestuurswetenskappe in ons land te bou.
Hierdie lewensveranderende ervaring het jongmense die afgelope twintig jaar die geleentheid gebied om hul ware identiteit te vind, 'n soliede basis te bou vir toetrede tot hoër onderwys en aan hulle die vaardighede gebied om nie net suksesvol op universiteit te wees nie, maar ook in hulle loopbaan en persoonlike ontwikkeling.
Ons is so trots op die 390 SciMathUS-studente wat 'n graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, waarvan 145 nagraadse kwalifikasies is, waaronder vier doktorsgrade**. En dis net hoe sake tans daar uitsien!
** Sowat 15 - 20% van SciMathUS studente kies jaarliks om aan ander universiteite te studeer.
Die rol wat jy kan vervul
'n Program soos SciMathUS stel instellings vir hoër onderwys nie net in staat om hul mandaat te vervul om in die sosio-ekonomiese behoeftes van die land te voorsien nie, maar ook om ʼn noemenswaardige impak op studente se individuele lewens te maak, dit aan te raak en te transformeer en die armoede-siklus te verbreek. SciMathUS werk in tandem met die Nasionale Ontwikkelingsplan om die getal studente wat teen 2030 in die rigting van Wiskunde- en Natuurwetenskappe-grade studeer, tot 450 000 te vermeerder.
Die nasionale poel van studente wat in aanmerking kom vir grade waaraan hul Wiskunde- of Wetenskappunt voldoen, is heelwat kleiner – dit het 'n kritieke tekort aan kundige professionele persone in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark geskep, wat die tempo beïnvloed wat die ekonomie in staat stel om te groei.
Kom ons neem deel aan #ChangingLives.
Ons doelwit is om R10 miljoen in te samel om die fooie van ʼn 100 of meer SciMathUS-studente te dek. Skenk NOU om sodoende meer jongmense die geleentheid te bied om deel te word van hierdie lewensveranderende ervaring. Saam kan ons ‘n verskil maak!
EFO en kredietkaart betalings
Klik op die skakel en kies die SciMathUS oortjie.
Snapscan
Skandeer gerus die SnapScan-kode om ʼn verskil te maak - vinnig, veilig en maklik.
Wanneer jy die unieke SciMathUS QR-kode skandeer kan jy onmiddellik ʼn skenking maak. Kies om ʼn eenmalige skenking te maak óf om 'n herhalende, maandelikse skenking op te stel.
SnapScan is gratis beskikbaar op IOS en Android en kan afgelaai word van die Google Play Store, die App Store of die Huawei AppGallery.
Skenk aanlyn via GivenGain
Alle filantropiese skenkings aan SciMathUS kom in aanmerking vir ʼn belastingvoordeel en jy sal ʼn artikel 18A-kwitansie/belastingsertifikaat ontvang.
SciMathUS is ook ideaal geplaas om te help om 'n wesenlike verskil te maak, terwyl dit belangrike BBSEB-vennootskappe en telkaartpunte aan besighede bied; punte vir Vaardigheidsontwikkeling of Sosio-ekonomiese Ontwikkeling kan ook verdien word.**
**Jou verifikasie-agentskap sal die punte bevestig waarvoor jy in aanmerking kom. Kontak gerus ons Ontwikkelingsbeampte, Sonia Schoeman, wat graag sal help om die proses te fasiliteer–sonia@sun.ac.za .
DANKIE vir jou ONDERSTEUNING! Saam bou ons ʼn nuwe generasie jong professionele persone in Suid-Afrika.
Luister na nog SciMathUS-stemme –Klik hier
Maties Connect
Daar word gesê die wêreld raak elke dag al hoe kleiner soos die dorpswêreld al hoe groter word. Sosiale medianetwerke is ʼn goeie manier om kontak te behou – jy kan met iemand praat selfs al is hulle aan die ander kant van die aardbol.
Die Alumnibetrekkinge-span wil hê jy moet jou band met jou intellektuele tuiste behou – reik dus uit op een van ons sosiale medianetwerke. Jy gaan beslis ʼn SciMatie raakloop!