Alumni Vlagskip-Programme
Die Universiteit Stellenbosch is jy – en die meer as 200 000 ander alumni regoor die wêreld wat op maniere wat so uiteenlopend soos julle almal is, aan Matieland verbonde is.
Deur ons 2023-kalender nooi ons jou uit om jou eie bande met die Universiteit te verken terwyl jy ander lonende Matie-konneksies ontdek.
In die kalender sal jy sien dat Matie-alumni gemeenskappe regoor die land, die vasteland, die wêreld vorm – en daar is altyd iets aan die gang, daar is altyd een of ander program wat gebeur. Hierdie programme skep unieke ervarings deur Matie-konneksies te openbaar, Maties bymekaar te bring en die verreikende invloed van jou alma mater uit te lig.
Hoekom nie ook by een van die nasionale of internasionale Maties Alumni-takke aansluit nie? Dit sal jou in staat stel om met ander Maties te netwerk, betrokke te raak, jou tyd of jou talent aan te bied en idees te verken.
Alumni het ‘n vrywillige netwerk van alumni-takke in regoor die wêreld geskep – en groei. Tans is daar ‘n netwerk van alumni-strukture in meer as 33 sentrums regoor die wêreld. Talle sosiale geleenthede, denkleierskap en professionele ontwikkelingsprogramme word elke jaar nasionaal, internasionaal en aanlyn via hierdie netwerke aangebied. Daar is iets vir almal!
Alumni keer om verskeie redes terug na Stellenbosch. Sommige klim op ‘n bus om saam met vriende bymekaar te kom vir ons jaarlikse Tuiskoms-vieringe; ander steek die see oor vir hul koshuisreünie. Sommige kom op ons Opedag saam met hul tienerkinders wat daaraan dink om die Universiteit Stellenbosch by te woon en sommige kom virtueel terug om die biblioteek te gebruik of na ‘n regstreekse gestroomde gedagteprikkelende praatjie te luister.
Wanneer jy ook al terugkeer, nooi ons jou uit om ‘n toer deur die kampus te neem en te sien wat nuut is en wat dieselfde gebly het. Begin by die nuwe Alumni-verwelkomingsentrum by Die Stal, besoek die Neelsie, stap deur die Botaniese Tuine of loer in by jou gunsteling prof in die laboratorium. Kom enige tyd terug — die Universiteit Stellenbosch is hier vir jou.
In 2020 het ons die SWAN-netwerk en die Universiteit Stellenbosch Jong Alumni-netwerk bekendgestel. Jy kan meer lees oor hierdie nuwe en opwindende programme in ons Alumni-betrokkenheidskalender.