Jaarlikse
Maties Alumni
TuiskomsNaweek
Is jy gereed vir Tuiskoms 2022 in Matieland?
Kry jou Matie-vriende bymekaar! Tuiskomsnaweek skop af met ’n SWAN-gholfdag spesiaal vir ons vroue; ons Matie Soireé bring ‘n keur van wynmaker-alumni en innoveerders in nie-alkoholiese drankies vir ‘n proesessie byeen. Daar sal natuurlik ook goeie vermaak wees, so kom swaai jou heupe op die maat van lekker musiek — van laatmiddag tot laataand op 9 September.
Die eerstejaarsgroepe van 1971 en 1972, 1981 en 1982, 1991 en 1992, 2001 en 2002, 2011 en 2012 ontmoet op Stellenbosch en die 1982, 1992 en 2012 gegradueerdes van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe kom op die Tygerberkampus bymekaar. Ons koshuise en PSO’s het ook deel aan die aksie met verskeie reünies wat die Vrydag en Saterdag plaasvind.
Kom sluit aan by die Stellenbosch Bestuurskool se sakeontbyt op Vrydag 9 September waar toonaangewende denkers sal gesels oor die tema “Bul of beer? Leiers se sienings oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie”. Jy kry ook kans om die asemrowende Stellenboschberg te voet, op ’n drafstap of op ’n fiets aan te pak.
Moenie dit misloop nie! Jou alma mater maak gereed om die maroen tapyt vir ons grootste Tuiskoms tot nog toe uit te rol. Ons is hard aan die werk om te verseker dat jy ‘n wonderlike tyd sal hê en omtrent opgewonde om jou terug te verwelkom.
Maak seker jy bespreek jou plek. Enige vrae? Stuur gerus ‘n e-pos aan homecoming@sun.ac.za of skakel +27 21 808 2710.