Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Menu

  • Afrikaans

Volhoubaarheid-studente illustreer sosiale entrepreneurskap

Studente van die Diploma in Volhoubare Ontwikkeling het onlangs twee suksesvolle geleenthede aangebied wat daarop gemik was om hul entrepreneurs- en kreatiewe vaardighede te ontwikkel.

Op 20 Oktober het eerstejaarstudente hul sake-idees by ‘n ideefees voorgelê. Die volgende dag het derdejaars paneelbesprekings gehou oor hul idees vir verandering tydens die Toekoms Nou-beraad. Dié beraad is deur die tweedejaars gereël en aangebied.

Dr Ruenda Loots, dosent en programleier van die Diploma in Volhoubare Ontwikkeling, het gesê: “Elke akademiese jaar van die Diploma het ‘n module wat fokus op sosiale entrepreneurskap. Ons gebruik sosiale entrepreneurskap om ons studente se passie vir en toewyding tot verandering te ontwikkel. Dit is die tweede jaar dat ons studente die fees en beraad organiseer.”

Sake-idees
Die ideefees, wat gefasiliteer is deur modulesameroeper Natasha King, het eerstejaarstudente die geleentheid gebied om sake-idees en/of produkprototipes wat hulle gedurende die tweede semester ontwikkel het, ten toon te stel. Tweede- en derdejaarstudente, fasiliteerders en gaste het hul aanbiedings geëvalueer en terugvoering gegee. Die doel was om eerstejaars te help om hul idees te verbeter deur daaroor te besin.

Dominique Daruty de Grandpre, ‘n eerstejaarstudent, het gesê die fees was pret en interaktief en het eerstejaars ‘n veilige ruimte gebied om in te leer.

“Die terugvoering wat ons van akademici en eweknieë ontvang het, was waardevol, nie net vir die sukses van ons idees nie, maar ook vir ons as entrepreneurs. Ek het terugvoering ontvang in die vorm van kontakte, voorstelle vir verbetering en selfs wenke oor hoe om my aanbiedingstyl en selfvertroue te verbeter. Dit is alles waardevolle dinge om aan te werk terwyl ek my idee deur die loop van my studies ontwikkel.”

Toekoms Nou-beraad
Die beraad is deur tweedejaarstudente gereël en aangebied. Die beraad het hulle gehelp om hul vermoë te ontwikkel om inisiatief te neem en om aksie-georiënteerde gedrag te toon in die voltooiing van groepstake met sperdatums en werklike druk.

Die 2022-beraad het onder meer paneelbesprekings met derdejaarstudente gebied. Die onderwerpe wat bespreek is, sluit in “Understanding the Modern Mind” en “Entrepreneurship as a Sustainable Practice”. Die belangrikste oorkoepelende vraag wat die paneellede moes beantwoord, was: Hoe maak jy dat mense jou saak sal ondersteun? Die derdejaars is deur modulesameroeper Amy Bosworth gelei om hul aanbiedings te ontwikkel en die fokus van hul idees te verskerp. Tweedejaarstudente het as moderators vir die paneelbesprekings opgetree.

Die tweedejaars moes toe ‘n bewysgebaseerde verslag skryf oor hul rol in die organisering van die beraad, veral wat leierskap, inisiatief en spandinamika betref.

Mandisa Mbaligontsi, die modulesameroeper vir die tweedejaarsgroep, het gesê die hoogtepunt was om die studente se selfvertroue te sien groei.

“Hulle het die beraad goed uitgevoer en moes as ‘n span saamwerk om probleme op te los soos dit opduik. ‘n Voorbeeld hiervan was die oggend van die beraad toe dit duidelik geword het dat hul plan vir die verhoogagtergrond nie gaan uitwerk nie. Hulle het vinnig opgetree en pragtige elemente by kantore geleen om die atmosfeer te skep wat hulle op die verhoog wou hê.”

  • Die driejaar Diploma in Volhoubare Ontwikkeling lei studente op in die beginsels van volhoubaarheid en entrepreneurskap vir toekomstige sosiale impak en ekologiese herstel. Dit bied teoretiese kennis en praktiese ervaring in volhoubare tegnologieë, kompleksiteit en ekologie, sosiale entrepreneurskap, leierskapsontwikkeling, sosiale aktivering, kleinsakebestuursvaardighede, kreatiwiteit en storievertelling.
  • ​Foto:  By die Toekoms Nou-beraad het derdejaarstudente in Volhoubare Ontwikkeling (op die foto) paneelbesprekings gehou oor hul idees vir verandering. ​

More articles

Laat siektes ’n u-draai maak

#ChangingLives: Moenie huiwer om ambisieuse doelwitte te stel wat moeilik is om te bereik nie!

Konvokasieverkiesing: nog net twee dae oor om te stem

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!