Loading Events

#Move4Food: Trek jou hardloopskoene aan

Is jy opgewasse vir die taak?

Stof daai hardloopskoene af en skep terselfdertyd hoop! Op Sondag 13 Junie 2021, gaan die Comrades-marathon weer virtueel plaasvind, en jou alma mater wil hê dat jy deel van die aksie moet wees. Ons wil graag hê dat jy by die #ComradesCentenaryHopeChallenge aansluit ter ondersteuning van ons studente-gedrewe #Move4Food-veldtog, om voedselonsekerheid onder studente op ons kampusse te beveg.

Om nie te weet waar die volgende maaltyd vandaan kom nie, is ‘n werklikheid vir baie Suid-Afrikaners, insluitende ons studente aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die somber werklikheid is dat die gebrek aan toegang tot bekostigbare en voedsame etes op Suid-Afrikaanse kampusse hoogty vier en die US is geen uitsondering nie. Jou ondersteuning vir die #Move4Food-veldtog raak nie net ons studente se daaglikse lewens nie, dit is ook impakvol en ‘n goeie voorbeeld van jou toegewydheid tot die transformasie van jongmense se lewens.

Die #ComradesCentenaryHopeChallenge begin enige tyd tussen 00:01 en 23:59 op die einste uitdagingsdatum. Jy kan kies om 5km, 10km, 21.1km, 45km of 90km langs jou gekose roete, waarookal in die wêreld te hardloop. Die uitdaging is deel van die Comrades-marathon Vereniging se Eeufeesvieringe wat inspirasie bied vir die stryd teen COVID-19.

Daar is nog net 17 dae oor voor die groot wedloop. So, wat sê jy, neem jy deel?

Hier’s wat jy moet doen:

Jy sal dan jou Maties-handelsmerkware betyds vir die groot dag ontvang. Sodra die dag van die wedloop aanbreek, neem ‘n foto van jou in jou Maties-uitrusting, plaas dit op jou gunsteling sosiale media-bladsye en merk ons by:

KLIK HIER vir meer inligting oor die #ComradesCentenaryHopeChallenge en om in te skryf.

KLIK HIER vir meer inligting oor die #Move4Food-veldtog.

Laat ons die ding doen!