Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi u graag uit na ‘n uitsonderlike geleentheid waar u by mede-alumni, skenkers en vriende van die Universiteit kan aansluit om prof Thuli Madonsela, die voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika en huidige bekleër van die Leerstoel in Maatskaplike Geregtigheid aan die US, te ontmoet.
Â
Kom kuier gerus saam by een of meer van hierdie geleenthede terwyl prof Madonsela in die Verenigde Koninkryk is.
Â
Geleentheid in Edinburgh
Â
V&A met Meera Selva en Skemeronthaal
Datum: Dinsdag 13 September 2022
Tyd: 18:00 tot 20:00
Plek: The Signet Library, WS Society, Parliament Square, Edinburg EH1 1RF
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSVP teen Donderdag 6 September 2022
