Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans
Klik hier om jou bod nou te plaas

Thuli Madonsela vier 60ste verjaarsdag met aanlyn veiling van portret

Professor Thuli Madonsela is al beskryf as ʼn ‘nasionale kleinood’ en beplan om binnekort haar mylpaal- sestigste verjaarsdag op 28 September op gepaste wyse te vier – deur die insameling van fondse vir ʼn goeie saak deur ʼn stil veiling van ʼn olieverfskildery van haar wat onlangs deur gevierde Suid-Afrikaanse kunstenaar, Shany van den Berg, voltooi is.
Professor Thuli Madonsela is al beskryf as ʼn ‘nasionale kleinood’ en beplan om binnekort haar mylpaal- sestigste verjaarsdag op 28 September op gepaste wyse te vier – deur die insameling van fondse vir ʼn goeie saak deur ʼn stil veiling van ʼn olieverfskildery van haar wat onlangs deur gevierde Suid-Afrikaanse kunstenaar, Shany van den Berg, voltooi is. Prof Madonsela is die bekleër van die Regstrust se leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch, waar sy navorsing oor maatskaplike geregtigheid doen en koördineer en konstitusionele en administratiewe reg onderrig. Sy is ook die stigter van die Thuma Stigting, ʼn maatskaplike onderneming vir onafhanklike demokrasie en geletterdheid. Prof Madonsela was ʼn advokaat in die hooggeregshof van Suid-Afrika en die voormalige openbare beskermer van Suid-Afrika en is haar lewe lank al ʼn aktivis vir maatskaplike geregtigheid, konstitusionalisme, menseregte, goeie regering en die oppergesag van die wet. In 2014 is sy benoem as een van TIME100 se mees invloedryke mense in die wêreld en in 2016 as Forbes Africa se Persoon van die Jaar. Prof Madonsela is ook een van die skrywers van Suid-Afrika se Grondwet en medeargitek van verskeie stukke wetgewing wat daarop gemik is om Suid-Afrika se demokrasie te anker. Ná haar ontmoeting met prof Madonsela, sê die kunstenaar dat sy getref was deur haar minsame, goedhartige en kragtige vroulike teenwoordigheid. Die opbrengs uit die stil veiling van prof Madonsela se portret sal geskenk word aan die Universiteit Stellenbosch se #Action4Inclusion-inisiatief, wat in 2020 bekendgestel is. Die fondse wat deur #Action4Inclusion gewerf word, word gebruik om studente te ondersteun wat weens uitstaande klasgeld nie vir die volgende akademiese jaar kan registreer nie, en ook afgestudeerdes wat nie ná graduering hulle akademiese rekords kan ontvang nie, wat dus hulle vermoë strem om tot ʼn talentvolle werksmag by te dra. Prof Madonsela dui aan dat sy dankbaar is om die mylpaal van sestig jaar oud word, te kan bereik.
“Dit is vir my ʼn eer om ʼn medestigter van die #Action4Inclusion-inisiatief te wees, saam met jong Matie-leiers. #Action4Inclusion is daarop gemik om jong mense te help om hulle potensiaal te verwesenlik, sodat hulle dieselfde geleentheid kan hê as waarmee ek geseën is, om die samelewing met my volle potensiaal te kan dien. Talle het reeds as gevolg van hierdie inisiatief gegradueer en dra nou betekenisvol tot ons samelewing, ons omgewing en die wêreld by. “Ek doen ʼn beroep op julle om jul deel te doen ter ondersteuning van hierdie studenteskuldverligtingsinisiatief en ander bevorderingsmaatreëls vir maatskaplike geregtigheid, as ʼn gebaar van ubuntu en ʼn bydrae tot die grondwetlike verbintenis om ʼn nuwe samelewing te vestig, wat gegrond is op maatskaplike geregtigheid as een van die drie pilare. Dankie dat julle as brûe van hoop dien,” sê prof Madonsela.

Plaas jou bod nou

Die olieverfskildery van prof Madonsela sal op ʼn stil veiling verkoop word en die hoogste bieër sal nie slegs ʼn gedenkwaardige kunswerk ontvang nie, maar ook die geleentheid hê om middagete saam met prof Madonsela te geniet.
Klik hier om jou bod nou te plaas

WYS JOU ONDERSTEUNING

Diegene wat ʼn skenking wil maak en die las van studenteskuld wil verlig, kan na GivenGain gaan. Daar kan jy kies of jy ʼn individuele student wil ondersteun, of aan die #Action4Inclusion-veldtog oor die algemeen wil skenk. Alle fondse ingesamel, word direk aan die Universiteit betaal. Kontakpersone: Marna Lourens: mlourens@sun.ac.za Sthabile Duma: socialjustice@sun.ac.za / sthabilexduma@gmail.com
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
    • Video’s
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Nominasies vir US Raad 2023
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!