#ProudSciMathUSAlumna: Olga Cattell het ’n MBA-graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Sy sê: “Ek het geleer dat as jy jou doelwitte wil bereik, jy ’n ”nooit-opgee-houding” moet kweek. Ek glo as jy jou met ondersteunende en inspirerende mense omring, kan jy enigiets bereik, ongeag jou agtergrond.
Mislukking is onvermydelik, maar jy kan kies of dit jou gaan aanspoor of jou daarvan weerhou om jou doelwitte te bereik. Beskou mislukking altyd as ’n leerervaring en gebruik dit om jou te bemoedig.
Ek het gevind dat om korttermyn-, mediumtermyn- en langtermyndoelwitte te stel belangrik is vir sukses, maar moenie huiwer om ambisieuse doelwitte te stel wat moeilik is om te bereik nie. Hierdie doelwitte sal jou aanspoor om as individu te groei.
Sterkte met jou reis!
Lees meer oor die SciMathUS-universiteitsvoorbereidingsprogram hier https://www.matiesalumni.com/scimathus/?lang=afr.