Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

SciMathUS 2022: Maak die beste van jou tweede kans

​Maak die beste van jou tweede kans – dit was die boodskap aan die 130 nuwe studente wat op Maandag 14 Februarie, as die Universiteit Stellenbosch (US) se SciMathUS-klas van 2022 verwelkom is.

Die SciMathUS universiteitsvoorbereidingsprogram vorm deel van ‘n verskeidenheid eenhede binne die Fakulteit Opvoedkunde aan die US en spesifiek in die Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP). Die program bied jaarliks aan leerders wat reeds Graad 12 geslaag het, maar nie vir hoëronderwyskeuring kwalifiseer nie, ‘n tweede geleentheid om hul Nasionale Senior Sertifikaat(NSS)-uitslag  vir die vakke Fisiese Wetenskap, Wiskunde en Rekeningkunde te verbeter. Dit sal hulle in staat stel om weer aansoek te doen vir universiteitsprogramme, spesifiek dié wat op STEM (Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde) verwante velde fokus.

Dr Benedict Khoboli, direkteur van SUNSEP, het die SciMathUS-klas van 2022 verwelkom. “Om ‘n SciMathUs-student te wees, gaan oor groei en om lewens te verander. Ons het julle gekies vir julle goeie prestasies en omdat ons glo dat julle ons ondersteuning verdien,” het hy gesê.

Gasspreker en 2011 SciMathUS-alumna Cyrilleen McKay het uitgebrei oor haar grootwordjare op die Kaapse Vlakte en hoe sy van jongs af vir haarself moes sorg. “Ná skool moes ek en my suster gewoonlik gaan smeek vir kos by omliggende voedingskemas, terwyl ons terselfdertyd ook sosiale euwels soos dwelmmisbruik en bendegeweld moes beveg.”

Hoewel sy die eerste persoon in haar gesin is wat matriek geslaag het, was sy nie gelukkig met die punte wat sy in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Rekeningkunde behaal het nie en het gedink haar hoër onderwys drome is daarmee heen. Sy het egter afgekom op ‘n advertensie vir die SciMathUs-program, aansoek daarvoor gedoen en is aanvaar. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

McKay het net lof vir die SciMathUs-opvoeders en personeel wat sy beskryf as “medelydende mense wat bereid is om die ekstra myl te loop”.

“Danksy SciMathUs het ek my Wiskunde- en Fisiese Wetenskappunte met 100% verbeter,” het sy gesê.

Sy het die klas van 2022 aangemoedig om die geleentheid wat deur die SciMathUs-program aan hulle gebied word, te gebruik om “weer moontlikhede na te streef”.

Prof Mbulungeni Madiba, Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, het die SciMathUS-klas van 2022 bedank vir hul veerkragtigheid en prestasies. Dit ten spyte van die ontwrigting wat hulle weens die COVID-19-pandemie moes oorkom.

“Ek weet julle is hier omdat julle nie die punte gekry het in sekere vakke wat nodig is vir toelating tot hoër onderwys nie. Julle moet dit nie sien as ‘n mislukking nie, maar eerder as ‘n geleentheid om weer oor te begin. Sommige van ons SciMathUS-studente het voortgegaan om doktorsgrade te behaal op gebiede soos neurofisiologie, mediese fisiologie en eksperimentele kernfisika, en beklee vandag invloedryke posisies.”

Nokwanda Siyengo, SciMathUS-programbestuurder, het gesê hulle het sowat 1 700 aansoeke van leerlinge ontvang vir die 2022-uitgawe van die program.

“As jy soveel aansoeke kry, sê dit vir jou dat daar ‘n behoefte is aan tweede kanse, ‘n behoefte aan die SciMathUS-program. Ons beoog om daardie behoefte aan te spreek deur die aantal studente wat elke jaar aan die program deelneem stelselmatig te verhoog,” het sy gesê.

Sulaimaan Nakooda (18) van KwaZulu-Natal het gedink hy het sy kanse verspeel toe ‘n swak Wiskundepunt hom vanjaar daarvan weerhou het om op universiteit te gaan studeer. “Maar om vir SciMathUs gekies te word, is basies ‘n tweede kans vir my. Ek gaan alles in my vermoë doen om seker te maak ek slaag vanjaar en dat ek volgende jaar universiteit toe kan gaan,” het hy gesê.

Nakooda het gesê hy wil ‘n BCom (Rekeningkunde) voltooi, hopelik aan die US.

Rosmeni Iviwe, ‘n Wes-Kaapse SciMathUs-student, het gesê sy sien uit daarna om haar Wiskunderesultate te verbeter om in 2023 vir ‘n BCom (Geoktrooieerde Rekeningkunde) te studeer.  Sy het nie die 70%-kerf bereik wat nodig is om vir hierdie kursus te kwalifiseer nie.

Om vir die SciMathUS-program oorweeg te word, moet studente hul Graad 12 met ‘n minimum gemiddeld van 60% slaag, lewensoriëntering uitgesluit. Hulle moet ook ‘n minimum van 45% in Wiskunde en ‘n minimum van 45% in Natuurwetenskap behaal.​

More articles

Rekordgetal van 650 internasionale studente het bymekaargekom om die semester as Matie-studente te begin

Sielkunde student oorkom angs en behaal Meestersgraad

L’Oreal-UNESCO finansiële toekenning ondersteun malaria-navorsing

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!