Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Ekonomiese kenners ontvang US-eredoktorsgrade

Die Universiteit Stellenbosch (US) het eredoktorsgrade aan twee ekonomiese kenners, proff Leonard Wantchekon en James Robinson, by sy Maart-gradeplegtigheid verleen. Die grade Doktor in die Handel (DCom), honoris causa, is Woensdag (27 Maart 2024) tydens twee afsonderlike gradeplegtigheidseremonies vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan hulle toegeken.

Wantchekon is vereer vir wesenlike bydraes tot die gebied van die politieke ekonomie, ontwikkelingsekonomie en ekonomiese geskiedenis, terwyl Robinson ʼn eregraad ontvang het vir sy sleutelrol in die vestiging en bevordering van die veld van kwantitatiewe ekonomiese geskiedenis in Suid-Afrika, en sy toewyding om in die Globale Suide te werk en aktief met opkomende vakkundiges in Latyns-Amerika en Afrika suid van die Sahara saam te werk.

Wantchekon, wat van Benin afkomstig is, het in sy aanvaardingstoespraak die US bedank vir die eredoktorsgraad en gesê hy voel geëerd en trots dat hy hierdie ongelooflike erkenning ontvang het.

“Ek is bly dat ek genooi is om deel te wees van die poging om sterk, veerkragtige en leidende akademiese instellings in Afrika, veral Suid-Afrika, te bou.

“Dit is vir my ‘n wonderlike geleentheid, en ek kan nie wag om persoonlik en institusioneel by die US en ander elite-universiteite, en die universiteitstelsel in Suid-Afrika betrokke te raak nie. Ek is gretig om voort te gaan met dit waarmee ons die afgelope klompie jare by die US besig is.”

Meer oor Wantchekon

As professor in die politiek en internasionale sake aan die Princeton-Universiteit, doen prof Leonard Wantchekon navorsing oor Afrika, veral oor demokratisering, kliëntelisme en herverdelingspolitiek, die ‘hulpbronne-vloek’ en die langtermyn- maatskaplike impak van geskiedkundige gebeure.

Sy innoverende werk sluit navorsing oor politieke instellings en bestuur in en het veldproewe met politici behels wat aan intydse verkiesings deelgeneem het om die uitwerking van beleid en veldtogboodskappe op kiesers se gedrag te ondersoek. Sommige van sy ander baanbrekerstudies het die langtermyn- ekonomiese gevolge van belangrike geskiedkundige gebeure, soos die Atlantiese slawehandel, op Afrika ondersoek.

Wantchekon het in 2014 die Afrika-skool vir Ekonomie (ASE) in Benin, sy geboorteland, gevestig. Die skool identifiseer voornemende Afrika-ekonome en beleidmakers en berei hulle vir die bedryf of vir doktorale studie voor. Sedertdien het verskeie ASE-studente reeds vir PhD-programme aan universiteite in die Verenigde State en elders ingeskryf.

Hy het posisies aan Yale-Universiteit en die Universiteit van New York beklee. Hy is ‘n genoot van die Amerikaanse Akademie vir Kuns en Wetenskap, asook van die Ekonometriese Vereniging, en is lid van die uitvoerende komitee van die Internasionale Ekonomiese Vereniging.

Prof James Robinson

Robinson het in sy aanvaardingstoespraak gesê hy is verheug oor die US se eerbewys.

“My samewerking met die US was nog altyd vir my persoonlik en intellektueel belangrik. Ek stuur my PhD-studente so gereeld as wat ek kan hierheen om by die LEAP (Laboratory for the Economics of Africa’s Past)-instituut te werk. Die navorsing wat by die US gedoen word revolusioneer die studie van Afrika se ekonomiese geskiedenis en ek hoop net dat ek deel daarvan kan wees en dit na die hele vasteland kan uitbrei.”

Robinson het die graduandi aangemoedig om al die intellektuele goedere en navorsing wat by die US ontspruit saam vorentoe toe te neem.

Meer oor Robinson

Prof James Robinson is ‘n denkleier oor ekonomiese ontwikkeling en politieke instellings. Sy verbintenis met die US duur al etlike jare. Hy het die Universiteit ondersteun terwyl dit voorberei het om die heel eerste Wêreldekonomiese Geskiedeniskongres in Afrika in 2012 aan te bied. Samesprekings ná hierdie gebeurtenis het tot die stigting van die Laboratory for the Economics of Africa’s Past (LEAP) gelei om Afrika-stemme in die vakgebiede van Ekonomiese Geskiedenis en Ekonomiese Ontwikkeling te verhef.

Hy het ook saam met medewerkers van die US, die Universiteit van Chicago en Harvard ‘n projek aangepak wat op vroue se politieke deelname in Afrika suid van die Sahara in historiese en kontemporêre kontekste fokus. Die kennisuitruiling tussen die US en Chicago bly aktief.

Robinson dien tans as die Eerwaarde Dr Richard L Pearson-professor in Globale Konflikstudie, universiteitsprofessor asook direkteur van die Pearson Instituut vir die Bestudering en Oplossing van Globale Konflikte – alles aan die Universiteit van Chicago.

  • Foto: Proff James Robinson en Leonard Wantchekon spog met hul eregrade. Fotograaf: Stefan Els

More articles

“Die Bemagtiging van Vroue in Sport: Die Universiteit Stellenbosch se Verbintenis tot Menseregte”

US-studente neem deel aan jaarlikse Simon Marais Wiskundekompetisie

Oudregter Sisi Khampepe aangestel om onafhanklike kommissie van ondersoek na bewerings van rassisme by US te lei

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!