Skip to content
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Menu

  • English
  • Afrikaans

Innovus vier vroue entrepreneurs wat van ons wêreld ‘n beter plek maak

Suid-Afrikaners herdenk elke jaar Vrouemaand in Augustus as ‘n huldeblyk aan die dapper vroue wat op 9 Augustus 1956 na die Uniegebou gestap het om ‘n einde te bring aan vroue wat passe moet dra. Dit is 2022, en ons het al ver gekom. Dit sien ons daagliks by die Universiteit Stellenbosch se innovasie- en kommersialiseringsafdeling, Innovus, waar hulle entrepreneuriese vroue-innovasies koester en ontwikkel tot lewensvatbare besighede wat beduidende verskille maak in die wêreld waarin ons leef.

“Ons het vroue entrepreneurs van alle soorte,” sê Anita Nel, US se Hoofdirekteur: Innovasie en Kommersialisering. “Vrouewetenskaplikes wat onlangs ‘n baanbrekende navorsingsmetode gepatenteer het om mikroklonte in die bloed van Long COVID-pasiënte op te spoor; ‘n ingenieur wat gehelp het om ‘n groenenergiemaatskappy te stig wat nou skole help om hul energierekeninge te verminder; ‘n mariene bioloog wat die see veilig maak vir haaie en mense; ons kreatiewe en energieke nuwe Matie Shop-bestuurder wat ons US-handelsmerk na die sterre neem; en ons vrouetegnologie-oordragspan by Innovus wat 24 uur per dag werk om kommersieel lewensvatbare besighede uit US-studente se navorsing te skep. Daar is nog vele meer. Elkeen van hierdie vroue inspireer ons by Innovus daagliks.”

Nel het onlangs van Amsterdam af teruggekeer het met ‘n toekenning van die Universiteit-industrie-innovasienetwerk (UIIN) aan die US as naaswenner vir Uitstaande Entrepreneuriese en Betrokken Universiteit op grond van die werk wat via Innovus gedoen is. Sy glo dit is die vroue-entrepreneurs van vandag wat ‘n beter môre vir almal skep. “Ek sien dit daagliks soos innovasies van ons vroulike navorsers op ons lessenaars beland. Ons moet ons vroue-entrepreneurs ondersteun, want hul nalatenskap sal ‘n beter wêreld vir ons nageslag skep,” sê Nel.

“Ek is bevoorreg om die enorme effek te sien van vroue se suksesse wat direk tot plaaslike ekonomieë bydra en die lewens van die mense in daardie gemeenskappe raak. Vroue soek voortdurend maniere om terug te ploeg in hul gesinne en gemeenskap – om onderwys op te hef en die beste voeding, welstand en kinders se gesondheid te verseker. Hul innovasies is ook meer geneig om dienste en geleenthede aan hul gemeenskappe te verskaf.”​ As een van die aanbieders by die UIIN-konferensie in Junie vanjaar, het Anita die lesse wat sy geleer het om die US se entrepreneuriese ekosisteem te vestig, met die gehoor gedeel. Dié ekosisteem bestaan uit Innovus se Tegnologie-oordragkantoor, die Universiteit van Stellenbosch se maatskappye, die US LaunchLab en SUNKOM, die US se afdeling wat fokus op die kommersialisering van nie-akademiese dienste en projekte. “Die samewerking van hierdie entiteite, tesame met die stigting van die Universiteitstegnologiefonds en die US Beleggingskomitee bied die platform vir entrepreneurskap om te floreer.”

Nel glo Universiteite in Afrika kan ‘n beduidende rol speel om entrepreneurs te ondersteun om ekonomiese groei-agente in hul streke te word, ondernemings te begin en te laat groei. “Om die US as ‘n entrepreneuriese Universiteit te laat groei, moet ons die instelling ontwikkel om te innoveer, geleenthede te erken en skep, risiko’s te neem en op uitdagings te reageer en uiteindelik ‘n natuurlike broeikas te word wat sy akademici, tegnici en studente kan ondersteun om nuwe ondernemings te skep,” sê Nel , met verwysing na die Britse akademikus David Kirby se definisie van entrepreneurskap.

Innovus publiseer in Augustus ‘n reeks artikels oor die US se vroue-entrepreneurs op hul webwerf by www.innovus.co.za  en op sosiale media-platforms. Lees hul stories en help ons om die uitstaande prestasies van vroue in verskeie dissiplines te deel en te vier, deur ‘n beter lewe vir almal te skep deur innovasie.​

Innovus webwerf: Woman’s Month (innovus.co.za)

LinkedIn: (1) University of Stellenbosch Enterprises (Pty) Ltd: Company Page Admin | LinkedIn

Facebook: Innovus Technology Transfer | Facebook

More articles

Stad Johannesburg se Dr Jairam-Owthar nuwe IT hoof by Universiteit Stellenbosch

Stefan ‘opgewonde’ oor unieke PhD-geleentheid wat oor drie kontinente strek

Covid-19 vergroot risiko vir komplikasies en sterfte vir swanger vrou in Afrika suid van die Sahara

  • Homecoming
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
    • Maties Events
      • Annual Events
      • Verjaarsdae
      • Crest Talks
      • Maties Sports
      • Eweknie-fondswerwing
      • Openbare lesings
      • Koshuise
  • Donate
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
Once a Matie, Always a Matie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Aanlyn Skenkings
    • Maniere om te gee
    • Tipes geskenke
  • Media
  • Kontak
  • Konvokasie
    • Konvokasie 2023
    • Konvokasie 2022
  • English

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265 alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in settings.

Powered by Ultimate Auction
Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!