Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

Nuutjie vir US se verwelkomingsprogram (Universiteit Stellenbosch)

Die Universiteit Stellenbosch (US) se amptelike verwelkomingsgeleentheid sien vanjaar effens anders daarna uit.

Benewens die meer as 5 600 nuweling-eerstejaarstudente word nuweling-nagraadse en -postdoktorale studente, asook nuwe personeellede wat sedert Februarie 2022 by die US begin werk het, ook by die geleentheid op Donderdag 2 Februarie 2023 in die Danie Craven-stadion, verwelkom.

Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier, en me Masilo Silokazi, Voorsitter van die Studenteraad, gaan by die geleentheid die nuwelinge by die US verwelkom. Die Universiteit se bestuur en studenteleiers word ook voorgestel.

Die program begin om 16:00 en familie en vriende van nuwelinge is ook welkom om die geleentheid by te woon.

Droomoptog

Studente sal direk na afloop van die amptelike verwelkomingsgeleentheid eerskomende Donderdagaand aan die Droomoptog in Victoriastraat kan deelneem. Dit is reeds die vyfde keer dat dié ikoniese optog gehou word.

Studente stap onderdeur ’n banier wat oor Victoriastraat gespan word om die amptelike begin van hul akademiese reis aan die US te simboliseer.

“Vir duisende Maties simboliseer die Droomoptog die amptelike begin van hul akademiese reis en as’t ware ’n droom wat vir hul waar geword het,” sê mnr Pieter Kloppers, Direkteur: Sentrum vir Studentegemeenskappe. “Die oomblik wanneer jy onderdeur die banier stap, is jy amptelik ’n Matie.”

Die Droomoptog word gevolg deur Droomville – ’n studentefees in en rondom die Neelsie-studentesentrum. Feestelikhede sluit in sirkusartieste en ’n musiekfees.

Verwelkomingsprogram

Die Verwelkomingsgeleentheid is ook die afskop van die US se verwelkomingsprogram wat tot Saterdag 11 Februarie duur met klasse wat amptelik op Maandag 13 Februarie begin.

Die verwelkoming bestaan uit ’n omvattende en geïntegreerde program van aktwiteite. Nuwelingstudente word aan alle aspekte van die kampus- en studentelewe bekendgestel, insluitend akademiese programme en die groot verskeidenheid ondersteuningsdienste tot studente se beskikking.

“Die verwelkomingprogram word saamgestel om ’n fyn balans te skep tussen betekenisvolle en onvergeetlike geleenthede, maar ook noodsaaklike inligting- en oriëntasiesessies. Dít help nuwe Maties om hul opvoedkundige reis met vertroue aan te pak,” verduidelik Kloppers.

Verdere opwindende geleenthede is die jaarlikse Sosiale Impak-oggend op Donderdag 9 Februarie – met nuwelinge wat die geleentheid kry om deel te neem aan praktiese gemeenskapsaktiwiteite; die Connect Vensters-straatteater op Saterdag 11 Februarie van 12:00 tot 19:00 by die Welgevallen-hokkievelde (bestaande uit musiek- en danskonserte deur die loop van die dag op ’n roterende basis); gevolg deur die Maties Connect-fees – ook by Welgevallen.

Meer inligting oor die Universiteit se 2023-verwelkomingstydperk:

  • Studente het toegang tot ’n aanlyn aanboordprogram om hulle te help om hulle op die praktiese sy van hul studie voor te berei. Die program word op SUNLearn, die Universiteit se leerbestuurstelsel, aangebied.
  • Die Universiteit se webwerf, www.sun.ac.za, bevat alle inligting wat nuwelingstudente mag nodig kry. Die volledige verwelkomingsprogram en bykomende inligting soos die registrasieskedule, inligting oor vervoer, riglyne vir persoonlike veiligheid en inligting oor die US Biblioteek is hier beskikbaar.
  • Die US gebruik die hutsmerk #helloMaties op sosiale media.
  • Swaar verkeer word op 1 en 2 Februarie op alle hoofroetes na Stellenbosch asook in die dorp verwag.

More articles

Krotoa-toneelstuk en -deelnameproses

#SWAN: Skouers skuur met Nobelpryswenners

#Train4Fees-veldtog oor die wenstreep

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!