Skip to content
<\/i>","library":"fa-solid"}}" data-widget_type="nav-menu.default">
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Menu

  • English
  • Afrikaans

SAMNR-toekenning ondersteun navorsing oor gestremdheidsoorwegings tydens Covid-19

Dr Lieketseng Ned, ‘n navorser aan die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Globale Gesondheid, het onlangs ‘n vroeë loopbaan-navorsingstoekenning van die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) ontvang ter waarde van R600 000 oor drie jaar vir haar navorsingsprojek genaamd “Gesondheidstelsel Covid-19-reaksies en ervarings van mense met gestremdhede en van gestremdheid- en rehabilitasie-praktisyns in die Oos-Kaapprovinsie”.

“Om hierdie toekenning te ontvang is nogal ‘n prestasie vir my. Dit is ‘n wonderlike geleentheid van groei vir my as ‘n vroeë loopbaan-navorser, en dit beteken dat ek kan voortgaan met ‘n klein projek wat ek met saadbefondsing van die US begin het,” sê Ned. “In 2020 het ek die Rektor se Covid-19-saadbefondsing ontvang om ‘n nasionale opname oor gestremdheidsoorwegings tydens Covid-19 te doen. Die toekenning van die SAMNR maak nie net kontinuïteit moontlik nie, maar is ook ʼn geleentheid om dieper ondersoek in te stel vir hierdie studie.”

Volgens Ned het die Covid-19-pandemie sommige van die reeds bestaande leemtes en uitdagings om in die behoeftes van mense met gestremdhede te voorsien, vererger. “Mense met gestremdhede bly ‘n nagedagte – in die pandemie-reaksie asook die meet van die effek daarvan op die bevolking oor die algemeen.”

Ned, wat ook ‘n senior dosent is by die Sentrum vir Gestremdheids- en Rehabilitasiestudies aan die US se Departement Globale Gesondheid, sal met mede-akademici en nagraadse studente aan die projek saamwerk. “Hierdie vroeë loopbaan-navorsingstoekenning moedig kapasiteitsontwikkeling tussen junior en senior akademici sowel as nagraadse studente aan. Ek werk saam met Luphiwo Mduzana, ‘n dosent aan die Walter Sisulu Universiteit in die Oos-Kaap en ook ‘n PhD-kandidaat by die Sentrum vir Gestremdheid en Rehabilitasiestudies, waar ek werk. Prof Leslie Swartz, ‘n professor in sielkunde aan die US, sal as senior navorser en akademiese mentor vir my optree. Ons beoog ook om spesifiek met gestremde mense as medenavorsers in die verskillende aktiwiteite te werk,” verduidelik sy.

Die bevindinge van Ned se aanvanklike nasionale opnamestudie het aangedui dat lewensbelangrike gestremdheidspesifieke dienste nie as noodsaaklik beskou was tydens die aanvanklike harde inperkings nie. “Dit het mense met gestremdhede op verhoogde risiko’s geplaas. Sommige dienste was ook nie toeganklik nie, byvoorbeeld die verandering na aanlynplatforms was nie vir almal tegemoetkomend nie.”

Wat deelname aan die studie betref, het Ned ontdek hoe die gebruik van virtuele metodes ‘n studie moontlik ontoeganklik en minder inklusief kan maak vir mense in meer afgeleë kontekste.

“Ons het byvoorbeeld net een respondent in die Oos-Kaap gehad,” sê sy. “Met uitdagings soos ‘n gebrek aan tegnologie, infrastruktuur en konnektiwiteit is verskillende metodologiese benaderings nodig om te verseker dat hierdie stemme ook gehoor word. Dit is vir my baie belangrik om navorsing te lewer wat verandering in hierdie provinsie sal inlig,” voeg Ned, wat oorspronklik van die Oos-Kaap kom, by.

Volgens Ned het werk aan die projek reeds begin. “Ons het begin om alle Covid-19-verwante openbare beskikbare gesondheidsdokumente (soos regulasies en Covid-19-maatreëls) te versamel om dokumenthersiening te begin. En ons wag vir provinsiale toestemming vir toegang tot interne dokumente. Ons doel is om hierdie dokumente te ontleed om te sien hoe gestremdheid-insluiting in die regulasies en diensverskaffing oorweeg is tydens Covid-19. Ons ontwikkel ook die omvangshersieningsprotokol.”

Ned en haar span beoog om elke jaar ten minste twee artikels te publiseer, gebaseer op hul drie navorsingsdoelwitte: 1) ‘n omvangsoorsig van die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel se reaksie op Covid-19 met betrekking tot gestremdheid en rehabilitasie, 2) die uitwerking van Covid-19 op rehabilitasie diensvoorsiening aan mense met gestremdhede, en 3) die implikasies van die pandemie op die nodige deurlopende gestremdheid- en rehabilitasiedienste op gemeenskapsvlakke.

Op die vraag wat sy hoop om met haar navorsing te bereik, antwoord Ned: “Ek wil met hierdie studie ʼn kennisbasis opbou wat sal help om Covid-19-reaksies te verbeter sodat hulle meer gestremdheid-inklusief is. Ek hoop om vir die gesondheidsektor moontlike strategieë en aanbevelings vir gestremdheid-inklusiewe reaksies te identifiseer, sodat persone met gestremdhede tydens pandemies nie aan groter risiko’s blootgestel word nie.”

Foto-onderskrif: Dr Lieketseng Ned

Foto-erkenning: Damien Schumann

More articles

Maties Sport beoog om die sportjaar op ʼn hoë noot af te sluit

Maties skud hul vere reg vir Skenkingsdag 2021

Tye van verandering

Once a Matie, Always a Matie
Once a Matie, Always a Matie
  • Homecoming
    • Tuiskoms 2024
    • Tuiskoms 2023
    • Tuiskoms 2022
    • Tuiskoms 2020
  • Campaigns
    • 2021
      • Dekaansfonds: Regsfakulteit
      • Covid-19
      • Masked Masterpieces
      • Thank You
    • 2022
      • #Action4inclusion
      • BRIDGE THE GAP ANNUAL FUND
      • EindeGBV
      • Train4Fees
      • #SciMathus
      • Move4Food
    • 2023
      • Borskanker Bewustheids Maand
  • Chapters
    • Globale Maties Netwerk
  • Alumni Vlagskip-Programme
    • PreAlumni
    • Swan
    • Jong Alumni
  • Geleenthede
    • Alumni-interaksie Kalender
    • Geleenthede
  • Media
  • Video’s
  • Donate
    • Move4Food
    • Skenk
    • Impakverslag
  • Get informed
    • Alumni Clubhouse
    • Kontak
    • Raak ingelig
    • Matie Shop
    • Maties Wynklub
  • Vrywilligerswerk vir die US
  • Visit Sun.ac
  • Tuis
  • Maties Connect
  • Skenk
    • Maniere om te gee
    • #Move4Food
  • Kontak
  • English
  • Konvokasie

Stellenbosch
Private Bag X1
Matieland
South Africa

+27(0)21 808 9265
alumni@sun.ac.za

Facebook Linkedin Instagram Twitter

We are using cookies to give you the best experience on our website.

You can find out more about which cookies we are using or switch them off in .

Privacy Overview

This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.

Strictly Necessary Cookies

Strictly Necessary Cookie should be enabled at all times so that we can save your preferences for cookie settings.

If you disable this cookie, we will not be able to save your preferences. This means that every time you visit this website you will need to enable or disable cookies again.

3rd Party Cookies

This website uses Google Analytics to collect anonymous information such as the number of visitors to the site, and the most popular pages.

Keeping this cookie enabled helps us to improve our website.

Please enable Strictly Necessary Cookies first so that we can save your preferences!