Kry die inperkingstydperk jou bietjie onder? Ons het net die regte doepa vir Maties in Luxumberg om jul gemoed op te kikker. Sluit by die Afdeling Ontwikkeling & Alumni-betrekkinge en mede-alumni aan vir ‘n virtuele gesprek met die wêreldbekende ontdekkingsreisiger en Matie-alumnus, Mike Horn.
Na sy onlangse alleenvaart om die Noordpoolsirkel, is hierdie Switserse-Suid-Afrikaanse ontdekkingsreisiger meer vertroud met isolasie as die meeste van ons. In sy heel eerste virtuele praatjie sal Mike parallelle trek tussen sy ervarings as ‘n professionele ontdekkingsreisiger en die ongekende tye wat ons tans ondervind. Die doel hier is om te leer hoe ons die hede beter kan hanteer en onsself vir die toekoms kan versterk.
Wanneer: Donderdag 30 April 2020
Tyd: 12:30 tot 13:30
Waar: Jou gemaklike rusbank
RSVP: Kyk uit vir die uitnodiging in jou inboks en om te RSVP e-pos alisonapril@sun.ac.za teen Woensdag 29 April.
Sodra ons jou antwoord ontvang, stuur ons ‘n e-pos met die huisreëls asook ‘n skakel om aan die gesprek deel te neem.
Tyd: 12:30 tot 13:30
Waar: Jou gemaklike rusbank
RSVP: Kyk uit vir die uitnodiging in jou inboks en om te RSVP e-pos alisonapril@sun.ac.za teen Woensdag 29 April.
Sodra ons jou antwoord ontvang, stuur ons ‘n e-pos met die huisreëls asook ‘n skakel om aan die gesprek deel te neem.
Neem kennis dat die kuiberkuier slegs vir Maties in die Luzembourg-streek is. Ons kan nie wag om jou aanlyn te sien nie!
Ons sal binnekort kuberkletssessies vir Maties in die ander streke reël.
Always a Matie, Altyd ‘n Matie, Njalo yi Matie.