Jy word uitgenooi na die tweede jaarlikse Anton Lubowski-gedenklesing ter viering van die lewe van anti-apartheid aktivis en advokaat Anton Theodor Eberhard August Lubowski (3 Februarie 1952 – 12 September 1989).
Hierdie gedenklesing word aangebied deur die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, in samewerking met die Fakulteit Regsgeleerdheid en Simonsberg Manskoshuis / Men’s Residence.
In ooreenstemming met die tyd waarin ons onsself bevind, word vanjaar se lesing aanlyn aangebied. Sluit gerus aan by ons sprekers, regter Dennis Davis, prof Pumla Gobodo-Madikizela en dr Ismail Lagardien waar hulle die onderwerp Social Justice, Quo Vadis – Is Social Justice happening? sal bespreek.
Ons moderator is Max du Preez, redakteur van die Vrye Weekblad, skrywer, kommentator en vriend van wyle Anton Lubowski.
Meer oor ons sprekers:
Regter Dennis Davis is ‘n bekende regsgeleerde, akademikus en media persoonlikheid.
Prof Pumla Gobodo-Madikizela is ‘n sielkundige en beklee die navorsingsleerstoel in Studies oor Historiese Trauma en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch.
Dr Ismail Lagardien is ‘n prominente skrywer en kommentator.
Plek: Aanlyn (Microsoft Teams)
Wanneer: Saterdag 12 September 2020
Tyd: 12:00 – 13:15 (75 minute)
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan alumni@sun.ac.za. (Die toegangskode na Microsoft Teams sal op 10 September per e-pos gestuur word.)
Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom!