In hierdie wetenskapskafee deel Allison Wyngaardt en Anishka le Roux hul kankerbehandelingsreis as deel van Borskankerbewusmakingsmaand in Oktober. Terwyl daar vir Allison nog ses maande voorlê as deel van ‘n vyf-jaar behandelingstrategie, het Anishka so pas dieselfde reistog aangepak. Beide glo dat ‘n beter begrip van behandelingsopsies pasiënte meer hoop op herstel bied.
In reaksie tot hul ervarings, sal twee spesialiste oor die jongste ontwikkelings in borskankernavorsing en -behandeling gesels. Hulle is Prof. Anna-Mart Engelbrecht, hoof van die borskanker navorsingsgroep in die Departement Fisiologiese Wetenskappe in die Fakulteit Natuurwetenskappe, en Prof. Karin Baatjes, Visedekaan: Leer en Onderrig en mede-professor in Chirurgie in die Fakulteit Mediese en Gesondheidswetenskappe.
Die Stellenbosch wetenskapskafee is ‘n inisiatief van die Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike onderwerpe aan te moedig. Bywoning is gratis.
Sluit by ons aan vir ligte verversings na afloop van die bespreking. RSVP by science@sun.ac.za teen 19 Oktober 2023.