Die Breëriviervallei Alumni-tak is omtrent opgewonde om jou uit te nooi na ons eerste Breëriviervallei Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (in Engels, SWAN) geleentheid op Saterdag 20 Augustus.
Jy gaan beslis bederf word! Ons gasvrou is Matie alumna, Leonora van Tonder, wat ʼn interaktiewe kookklas gaan aanbied en heerlike versnaperings gaan voorsit. Leonora het haar spysenieringsdiens— Spicy Apples— in 2007 begin. Hul fokus by Spicy Apples is om jou toe te laat om te eksperimenteer en ook om te besef dat kosmaak ‘n prettige ervaring kan wees.
Sluit asseblief by ons aan en help ons om die SWAN-netwerk in hierdie pragtige deel van die wêreld uit te bou. Ons verwag ‘n heerlike oggend met keurige en geurige aromas en boonop is dit ‘n wonderlike geleentheid om te netwerk.
Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Saterdag 20 Augustus 2022
Tyd: 10:00 – 14:00
Plek: Beckhuis Café, Worcester (Aanwysings)
Kleredrag: Deftig-gemaklik
Kaartjieprys: R250 (betalingsbesonderhede word verskaf by ontvangs van jou RSVP.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na swan@sun.ac.za om jou plek teen Maandag 15 Augustus te bespreek.
Kontak vir Sindiswa Jamba by swan@sun.ac.za indien jy enige verdere inligting verlang.