Sluit asseblief by ons aan vir die #CrazySocks4Docs webinar 2022
Datum: Vrydag 3 Junie 2022
Tyd: 11h30 – 12h30
RSVP: Stuur ‘n e-pos na tygerbergalumni@sun.ac.za om te RSVP teen Woensdag 1 Junie 2022 (Die skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
Ons gasspreker is Ithemba-stigting raadslid, dr Cobus McCallaghan, ‘n Suid-Afrikaanse psigiater, wat die unieke uitdagings tot deeglike psigiese gesondheidssorg vir gesondheidswerkers, gaan bespreek. Professor Lizette Rabe, stigter van die Ithemba-stigting, sal ook by dr McCallaghan aansluit. Professor Elmi Muller, Dekaan van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, sal die onderwerp en ons sprekers voorstel.
Ons sien uit daarna om hierdie belangrike onderwerp met jou te bespreek.
Neem asseblief kennis: Die RSVP-skakel kan nie aangestuur word nie. As jy egter weet van mede-alumni wat nie hierdie uitnodiging ontvang het nie, stuur dit gerus aan en vra hulle om te RSVP na tygerbergalumni@sun.ac.za.
Klik hier om jou kontak asook intekening inligting te bestuur