Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) nooi jou uit om deel te hê in ‘n werklik spesiale geleentheid ter viering van Internasionale Vrouedag. Op Saterdag 4 Maart stel alumnae van ons drie susterskoshuise – Erica, Nemesia en Serruria – hul Drie Susters-beursfonds bekend.
Hierdie beursfonds het ten doel om die finansiële las van benadeelde en akademies verdienstelike voorgraadse studente wat in hierdie koshuise woon, te verlig, en sal die koste van onderrig, verblyf, etes en studiemateriaal dek.
Sluit asseblief by ons aan! Jy sal die geleentheid kry om van 09:30 tot 10:30 by jou koshuis te kuier, waarna die amptelike bekendstelling om 11:00 by die Alumni-klubhuis by Die Stal plaasvind. ‘n Ligte laatontbyt sal bedien word.
Besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Wanneer: Saterdag 4 Maart 2023
Tyd: 09:30 by die onderskeie drie susters koshuise
11:00 by die Alumni-klubhuis (Aanwysings)
RSVP: Kontak swan@sun.ac.za om aan te sluit
Privacy Overview
This website uses cookies so that we can provide you with the best user experience possible. Cookie information is stored in your browser and performs functions such as recognising you when you return to our website and helping our team to understand which sections of the website you find most interesting and useful.