Loading Events

FVZS Erelesing 2023

Ons nooi u vriendelik uit na die jaarlikse Frederik Van Zyl Slabbert-erelesing van die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap op Maandag 14 Augustus 2023 vanaf 18:00 tot 19:30. Sien asseblief die gedetailleerde uitnodiging. U is welkom om hierdie uitnodiging binne u netwerke te deel. Vanjaar se lesing met die tema, “ Goeie regeringspraktyk, goeie burgerskap? Wat benodig Suid-Afrikaners vir betrokke burgerskap?, word gelewer deur me Tsakani Maluleke, Suid-Afrika se Ouditeur-generaal. Klik asseblief hier om teen 8 Augustus 2023 te antwoord. Let asb daarop dat vanjaar se erelesing ‘n hibriede geleentheid sal wees. Die skakel sal Maandag 14 Augustus 2023 gestuur word aan diegene wie aanlyn-bywoning aangedui het. Ons sien daarna uit om u by vanjaar se erelesing te verwelkom.