Loading Events

Geleentheid wat jy nie wil mis nie

Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge en Maties Hokkie nooi jou graag na ‘n skemerkelkie-netwerkgeleentheid vir ons Maties Vroue Hokkie-alumni. Dit is jou kans om weer kontak te maak met mede-spelers oor die verskillende dekades heen, herinneringe te deel en uit te vind hoe jy die volgende generasie hokkiespelers kan ondersteun. As ‘n spesiale bederf het ons ‘n bekende Matie-hokkiespeler as ons gasspreker vir die aand genooi. Ons is seker sy het geen bekendstelling nodig nie — Jenny King, voormalige hoofafrigter van die Maties Vrouehokkiespan en bekend as een van die mees suksesvolle hokkie-afrigters in Suid-Afrika.Sluit asseblief by ons aan! Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:Datum: Woensdag 22 Junie 2022Tyd: 18:00 – 21:00Plek: Alumni-klubhuis, Die StalRSVP: KLIK HIER om jou plek teen Woensdag 15 Junie 2022 te verseker. Neem asseblief kennis: Die RSVP-skakel kan nie aangestuur word nie. As jy egter weet van mede-alumni wat nie hierdie uitnodiging ontvang het nie, stuur dit gerus aan en vra hulle om te RSVP na alumni@sun.ac.za.Ons sien uit om jou daar te verwelkom.