Loading Events

Goldfields 35ste verjaarsdagviering

Goldfields vier vanjaar sy 35ste bestaansjaar en jy word uitgenooi! Sluit asseblief op Vrydag 9 September by ons aan vir ‘n verjaarsdagviering by jou voormalige tuiste. Hierdie is ‘n ideale geleentheid om weer ou vriende te ontmoet en herinneringe op te diep.Besonderhede van die geleentheid is soos volg:Datum: Vrydag 9 September 2022Tyd: 18:30 vir 19:00Plek: Goldfields-koshuis, Hammanshandweg, Stellenbosch, 7600Prys: R250 per persoonRSVP: Stuur asseblief ‘n e-pos na homecoming@sun.ac.za om te bespreek. KLIK HIER vir ons program.Hierdie vieringe vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk.  KLIK HIER om jou plek te bespreek.

Ons is opgewonde om jou weer op Stellenbosch te verwelkom. Enige navrae? Kontak gerus vir Noko Phukubye by 23710276@sun.ac.za.

Klik hier om ‘n kaartjie te koop: https://web-apps.sun.ac.za/eps-web-pay/spring/main-path/quickpay/2000206