Die Universiteit Stellenbosch se Guernsey Alumni-tak nooi alle alumni wat heimwee ervaar om op Donderdag, 2 Maart 2023, by ons aan te sluit vir ‘n aandbraaigeleentheid en ‘n glas van Mzansi se beste wyne. (Daar is gerugte dat Mrs Ball’s-blatjang ook ń verskyning gaan maak!)Die driegangmaaltyd word in die JB Parker’s Restaurant, Bar and Wine Cellar voorgesit.
Die wyne word perfek by die disse gepas, en daar is ‘n spesiale “klewerige” wyn om die aand mee af te sluit.
Gasspreker
Barnaby Molloy, die Adjunk-uitvoerende hoof van die WE ARE GUERNSEY-handelsmerk, sowel as James Crawford, Internasionale Besigheidsontwikkelingsdirekteur, is die gassprekers by hierdie aand. Barnaby gaan oor die sterk band tussen Guernsey Global Finance en Suid-Afrika gesels, verduidelik waar dit alles begin het, en aandui waarom dit vandag van spesiale belang is.
Geleentheidsbesonderhede
Plek: JB Parker’s Restaurant, Bar and Wine Cellar, The Pollet, Guernsey GY1 1WH
Datum: Donderdag, 2 Maart 2023
Tyd: 18:30
Koste: £60 per persoon vir die aand in geheel (volle koste vir eie rekening)
RSVP: Besprekings is noodsaaklik aangesien die plek beperk is. Bespreek asseblief vroegtydig om jou sitplek te verseker (reservations@jbparkers.com).
Sluit aan by mede-Maties Alumni vir hierdie uitsonderlike geleentheid om oor ‘n glas wyn saam te kuier en jou netwerk te bou.
Indien jy nog nie by die Guernsey Maties WhatsApp-groep aangesluit het nie, doen dit asseblief by https://chat.whatsapp.com/LYxCV3kthuc0TiClDnN31n.
Enige vrae oor die Maties in Guernsey Alumni-tak kan via ‘n e‑pos aan die volgende alumni‑vrywilligers gerig word:
Caru Coetzee by carucoetzee@gmail.com
Shelley de Klerk by shelley.ritchie@gmail.com
Marte-Lize van Eeden by martelizeve@gmail.com
Ons Matie-familie is oor die hele wêreld versprei en ons is gretig dat alle alumni by ons netwerk aansluit. Stuur hierdie uitnodiging gerus vir mede-Maties in Guernsey en moedig hulle aan om hul jongste kontakinligting aan darrynh@sun.ac.za te voorsien. Onthou om op ons Maties Connect-alumni-platform in te skakel waar jy gereeld na ons alumni-geleenthede en ‑aktiwiteite kan blaai.