
- This event has passed.
Harmonie Dameskoshuis vier hul 115-jarige bestaan
7 March 2020

Beste Harmoniet,
Kan jy glo dat Harmonie vanjaar 115 jaar oud word? Jy word hartlik uitgenooi na ‘n teeparty om hierdie wonderlike mylpaal saam met ons te vier.
Kom sluit gerus by ons aan in Harmonie se eetsaal op Saterdag 7 Maart 2020. Die teeparty sluit in ‘n tee en sjokolade paring, gevolg deur vingerhappies, ‘n toer van ons pragtige koshuis en ‘n argief uitstalling. Ons sluit die dag se aktiwiteite af met ‘n koppie koffie of tee en ‘n kans om Harmonie goedere aan te koop.
Hierdie spesiale geleentheid vind plaas tydens die Universiteit se Tuiskoms-en-Familienaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 5 Maart tot Maandag 9 Maart 2020 op die Stellenboschkampus plaasvind, so daar is sommer meer redes vir jou om Matieland te besoek.
Wanneer: Saterdag 7 Maart 2020
Tyd: 09h30 vir 10h00
Plek: Harmonie eetsaal (kom asseblief in by Klein Knersis)
Prys: R 450 per persoon
Drag: Netjies informeel
Rig asseblief jou RSVP aan Jana van der Wath by 20887558@sun.ac.za en maak ook jou betaling teen Vrydag 14 Februarie 2020.
Bankbesonderhede:
Rekeningnaam: Universiteit Stellenbosch
Bank: Standard Bank
Rekening: 073 006 955
Tak: 050610
Verwysing: HK220 en jou studentenommer of nooiensvan.
Details
- Date:
- 7 March 2020
- Event Category:
- Events
Organizer
- Jana van der Wath
- 20887558@sun.ac.za