Dit is moeilik om deesdae netwerke te vorm, aangesien daar so min geleenthede is wat persoonlik bygewoon kan word. Terwyl ons ons sosiale afstand hou en ons werks-, leer- en sosialiseringsgeleenthede toenemend na ‘n aanlyn platform verskuif, wil ons graag verseker dat die sleutelelemente van ons persoonlike konneksies behoue bly.
Die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge nooi Universiteit Stellenbosch-alumni in Europa uit om te kom inloer, saam ‘n drankie te geniet, en inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk te kom put.
Deur saam tyd te verwyl wil ons graag –
• verskeie bekendstellings doen;
• inloer en kyk hoe dit met almal in die post-inperkingstyd gaan, terwyl ons gemeenskaplike vrese, beskikbare geleenthede, en dié dinge waarvoor ons dankbaar is, deel;
•wegbreeksessies in dinkskrums hou om die besprekings diepte te gee en nuttige wenke en idees uit te ruil; en
•ons onderskeie netwerke uitbrei, maar darem ook die tyd saam geniet.
Datum: Woensdag 30 September
Tyd: 19:00 tot 20:00
Plel: Aanlyn (MS Teams)
RSVP: E-pos alisonapril@sun.ac.za om te RSVP en skryf Herfs Netwerk-geleentheid Europa in die onderwerp-boksie teen Maandag 28 September 2020
(Die skakel na die geleentheid sal op 29 September per e-pos gestuur word.)

Berei ‘n drankie tuis, sluit by ons MS Teams-sessie aan, skakel jou kamera aan, en ons sal die onderwerp verskaf wat netwerkvorming en idees aanmoedig.
Ons sien uit daarna om jou by hierdie virtuele byeenkoms te sien.