Loading Events

Herfs Netwerk-geleentheid in Europa

Dit is moeilik om deesdae netwerke te vorm, aangesien daar so min geleenthede is wat persoonlik bygewoon kan word. Terwyl ons ons sosiale afstand hou en ons werks-, leer- en sosialiseringsgeleenthede toenemend na ‘n aanlyn platform verskuif, wil ons graag verseker dat die sleutelelemente van ons persoonlike konneksies behoue bly.
Die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge nooi Universiteit Stellenbosch-alumni in Europa uit om te kom inloer, saam ‘n drankie te geniet, en inspirasie en insig uit ons Maties-netwerk te kom put.
Deur saam tyd te verwyl wil ons graag –
• verskeie bekendstellings doen;
• inloer en kyk hoe dit met almal in die post-inperkingstyd gaan, terwyl ons gemeenskaplike vrese, beskikbare geleenthede, en dié dinge waarvoor ons dankbaar is, deel;
•wegbreeksessies in dinkskrums hou om die besprekings diepte te gee en nuttige wenke en idees uit te ruil; en
•ons onderskeie netwerke uitbrei, maar darem ook die tyd saam geniet.
Datum: Woensdag 30 September
Tyd: 19:00 tot 20:00
Plel: Aanlyn (MS Teams)
RSVP: E-pos alisonapril@sun.ac.za om te RSVP en skryf Herfs Netwerk-geleentheid Europa in die onderwerp-boksie teen Maandag 28 September 2020
(Die skakel na die geleentheid sal op 29 September per e-pos gestuur word.)
Berei ‘n drankie tuis, sluit by ons MS Teams-sessie aan, skakel jou kamera aan, en ons sal die onderwerp verskaf wat netwerkvorming en idees aanmoedig.
Ons sien uit daarna om jou by hierdie virtuele byeenkoms te sien.