Loading Events

Hombré 2022 Reünie

Net sowat twee maande, dan vier ons ‘n spesiale Hombré-reünie op die Stellenboschkampus. Ons sien behoorlik uit na die naweek se feesvieringe!Hier dan nou, die finale program en ook die skakel waar jy betalings tot Vrydag 26 Augustus kan doen.Vrydag 9 September 2022Eerstejaarsgroepe kom byeen (afsonderlik of ‘n paar eerstejaarsgroepe tesame) in klein groepies (sonder gades). Kontak gerus jou dekade-groepverteenwoordiger indien jy by ons Vrydag-aktiwiteite wil aansluit.Ons dekade-organiseerders1969 – 1979 Roelof Feenstra (roelof@feenstrainc.co.za), Johann Aspeling (jaa@sun.ac.za), Fanie Jonker (faniejonker7@gmail.com)1980 – 1985 Herman Kocks (kocks.herman@gmail.com), Kolie Lotz (lotzk@pvbm.co.za)1990-1999 Paul Chepmell (pchepmell@gmail.com), Conrad Dempsey (conrad.dempsey@rmb.com.na), Stephen Cunliffe (stevecunliffe@gmail.com)Saterdag 10 September 202210:00 – Kampustoer (met gades), sal drankies en ligte versnaperinge voor en daarna insluit.12:30 – ‘n Tradisionele Hombré Huisvergadering (sonder gades) waar twee sprekers ‘n kort inleiding sal gee en daarna sal die vloer oop wees vir almal se insette.15:00 en verder – Spitbraai, wyn en goeie geselskap (gades word genooi).Plek: Stellenboschkampus. Ons deel meer besonderhede nader aan die tyd.Verblyf: Daar is verblyf opsies beskikbaar op kampus, klik hier vir meer inligting.KLIK HIER om jou plek te bespreek en jou spitbraai-kaartjie teen R350 te koop.Sluit gerus aan by ons Hombré-reünie Whatsapp-groep vir die jongste inligting. Stuur ook foto’s van jou tyd op Stellenbosch, asook enige navrae aan homecoming@sun.ac.za.  Jou foto’s sal op die Hombré-groep op www.matiesconnect.com gepubliseer word.Hierdie vieringe vorm deel van die Universiteit se jaarlikse Tuiskomsnaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 8 September tot Saterdag 10 September plaasvind. Dit beteken daar is baie geleenthede vir jou om weer kontak te maak en met mede-Maties te netwerk. KLIK HIER om jou plek te bespreek.