Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou hartlik uit na ‘n aanlyngesprek met alumnus Piet Croucamp op Donderdag 9 Februarie. Piet is ‘n dosent aan die Noordwes Universiteit se Besigheidskool, politieke kommentator en Vrye Weekblad-rubriekskrywer. Hy sal die belangrikste nuusgebeure in Suid-Afrika bespreek – wat reeds plaasgevind het, huidiglik en vir die jaar 2023.
Wanneer: Donderdag 9 Februarie 2023
Tyd: 19:00 (CET)
Platform: MS Teams (Die skakel sal twee dae voor die geleentheid gestuur word.)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za om teen Maandag 6 Februarie 2023 te RSVP
Kontak alisonapril@sun.ac.za as jy ‘n vraag wil voorstel wat by die gesprek ingesluit moet word.
Ons sien daarna uit om jou by hierdie virtuele byeenkoms te verwelkom.