Het jy ‘n innoverende idee vir ‘n besigheid? Wonder jy wat nodig is om ‘n besigheid aan die gang te hou? Of werk jy reeds aan ‘n besigheid van jou eie? Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge en die Universiteit Stellenbosch Launchlab nooi jou graag na ‘n webinaar getiteld Transforming seemingly impossible into world-shaping.
Skakel asseblief in op Donderdag 22 April en kom verken die wêreld van innovasie en entrepreneurskap saam met mede-alumni. Ons paneellede is Ernst Nolte, uitvoerende hoof van Geckotech, en Lauren Stewart, stigter van Invigorate en Eugene Jansen, besturende direkteur van Stone Three Comms. Hulle sal praat oor hul onderskeie ervarings om hul eie besighede op die been te bring asook die gepaardgaande op- en afdraandes.
Josh Romisher, uitvoerende hoof van die Universiteit Stellenbosch Launchlab, sluit by die paneel aan en sal gesels oor die rol van die Launchlab in die ondernemingsreis vir universiteit afwentelmaatskappye sowel as maatskappye regoor Afrika. Josh sal ook hul tematiese beleggingstrategie, fokussektore, die stand van die Afrika-entrepreneuriese ekosisteem en maniere waarop jy betrokke kan raak, bespreek.
Datum: Donderdag 22 April 2021
Tyd: 12:00 (BST) 13:00 – 14:00 (CET en SAST)
Plek: Aanlyn (Zoom)
(Die Zoom-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos gestuur.)
RSVP: Rig asb ‘n e-pos aan alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Maandag 19 April.
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.