Beste Irene alumna
Jy word hartelik uitgenooi na Irene se 2020 Reünie op Saterdag 7 Maart 2020. Die eerstejaarsgroepe van 1970, 1980, 1990, 2000 en 2010 sal by ons aansluit vir dié dag. Hier is jou kans om te sien hoe elke Irener se bydrae gehelp het om die koshuis te vorm.
Hierdie spesiale geleentheid vind plaas tydens die Universiteit se Tuiskoms-en-Familienaweek vir alumni wat vanaf Donderdag 5 Maart tot Maandag 9 Maart 2020 op die Stellenboschkampus plaasvind — so daar is sommer meer redes vir jou om Matieland te besoek.
Die reünie sal om 11:00 begin met ‘n toer van ons geliefde koshuis. Wie weet, jy mag dalk net jou weg vind na jou ou kamer waar soveel herrineringe gemaak is. Die toer word gevolg deur ‘n informele ligte middagete in ons binnehof.
Waar: Irene-koshuis
Tyd: 10:30 vir 11:00
Koste: R120 per persoon
RSVP asseblief teen Sondag 23 Februarie vir Janèl na irenereunion2020@gmail.com met die volgende inligting:
- Naam en van (sowel as nooiensvan)
- Die jare wat jy in Irene was
- As jy op ons Huiskomitee gedien het, dui asseblief die jare aan – ons wil ons huidige inligting opdateer
- Indien jy enige dieetvereistes het ( vegetaries/Halal ens.)
Betalings moet ons asseblief teen Sondag, 23 Februarie bereik.
Bankbesonderhede
Standard Bank
Stellenbosch Universiteit
(As jy by ABSA/Standard Bank is,
soek vir “Univ Stel General” by die opskrif “Public recipient”)
Takkode: 051001
Rekeningnommer: 073 006 955
Verwysing: HK270.Reunion.your initials
(Dit is baie belangrik dat die verwysing korrek is)
E-pos asseblief die bewys van betaling na beide: irenepayments2020@gmail.com & irenereunion2020@gmail.com. (Onderwerp van die e-pos: “Reünie jou naam en van”).