Die Dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid, Professor Nicola Smit en die bekleër van die H.F. Oppenheimer Leerstoel in Menseregte, Professor Sandra Liebenberg nooi u graag uit om die 16de Jaarlikse Menseregte-lesing by te woon.
Dunstan Mlambo, Regter-President van die Gautengse Hoë Hof sal die lesing, “Transformative Social Change and the Role of the Judge in Post-Apartheid South Africa”, op 24 Maart om 18:30 lewer.
Die lesing sal in hibriede formaat gelewer word. Jy kan registreer om die lesing in-persoon by die Ou Hoofgebou, Universiteit Stellenbosch Regsfakulteit by te woon, of jy kan registreer om die lesing aanlyn via MS Teams by te woon.
Raadpleeg asseblief die volgende skakel vir registrasie: https://forms.office.com/r/wxDnqmQVBX.
Vir enige navrae of bystand, kontak mnr Gideon Basson by bassong@sun.ac.za.