Die Londen Maties Alumni-tak se Jong Alumni Program (YAP) nooi jou om aan te sluit by mede-Matie en direkteur by AITSA Consulting, Coen Basson, vir ‘n aand van informele diskoers. Coen sal sy ervarings as ‘n jong Matie deel en gesels oor sy besluit om ‘n MBA te volg en hoe dit sy toekoms en loopbaan gevorm het.
Al ooit gewonder of jy ‘n MBA moet aanpak om jou loopbaan te bevorder? Dan is hierdie ‘n insiggewende geleentheid om by te woon.
Ons Jong Alumni Program is ‘n geleentheid vir jong Maties in die VK om hul netwerke te bou en hul loopbane ‘n hupstoot te gee.
Moet dit nie misloop nie!
Sluit by ons aan vir versnaperings en drankies terwyl ons mede-Maties bemagtig om in hul beroepe te floreer. KLIK HIER om meer uit te vind oor ons spreker. Ons verwag stimulerende gesprekke met genoegsame kans vir jou om vrae te vra.
Die besonderhede van die geleentheid is soos volg:
Datum: Dinsdag 28 Junie 2022
Tyd: 18:00 – 21:00
Plek: The Games Room, Heist Bank, 5 N. Wharf Road, Londen, W2 1LA
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om jou plek teen Donderdag 16 Junie 2022 te verseker.
Hierdie geleentheid is gratis, maar daar is slegs 25 plekke beskikbaar.
As jy weet van Maties wat onlangs in die VK gearriveer het, wat jonger as 35 is en hierdie geleentheid sou wou bywoon, vra hulle asseblief om ‘n e-pos te stuur aan darrynh@sun.ac.za.
Ons sien uit om ons Londense YAP-program uit te brei en dat ons Maties in die VK ongekende sukses in hul loopbane sal behaal.