Is jy jonger as 35 en op soek na nuwe en opwindende geleenthede om te netwerk en jou loopbaan te bevorder? Dan is die Maties Jong Alumni Program (YAP) spesiaal vir jou ontwerp. Sluit asseblief by ons aan vir aandete en drankies met die hervatting van ons insiggewende HUB- (hoof-uitvoerende beampte) reeks “Van Entrepreneur tot Uitvoerende Hoof!”
Ons is opgewonde om ‘n rondetafel-byeenkoms aan te bied met Maties-alumni Philip Lochner, HUB van Pedalsure, ‘n fietsryversekeringsmaatskappy, en Matthew de la Hey, HUB van Inploi, ‘n talentaantrekkingstegnologiemaatskappy. Philip en Matthew sal ‘n paar van hul ‘Hoe nou gemaak …’-oomblikke en ervarings van graduering en daaropvolgens deel, hul reis as entrepreneurs, die oorgang van hul maatskappye van beginnerondernemings tot volwaardige besighede, sowel as die pad tot uitvoerende hoof.
Vind meer uit oor ons sprekers, HIER.
Dit beloof om ‘n insiggewende gesprek te wees met genoegsame geleentheid vir jou om vrae te stel.
Die besonderhede van die geleentheid is as volg:
Datum: Dinsdag 22 Maart 2022
Tyd: 18:00 – 21:00
Plek: The Games Room, Heist Bank, 5 N. Wharf Road, London, W2 1LA
RSVP: Stuur ‘n e-pos na darrynh@sun.ac.za teen Woensdag, 2 Maart 2022 om jou plek te bespreek.
Hierdie geleentheid is gratis, maar daar is slegs 27 plekke beskikbaar. Jou plek word eers bevestig met ontvangs van ‘n bevestigings-e-pos vanaf Darryn.
As jy weet van Maties wat onlangs in die VK gearriveer het, wat jonger as 35 is en hierdie geleentheid sou wou bywoon, vra hulle asseblief om ‘n e-pos te stuur aan darrynh@sun.ac.za.
Ons sien uit om ons Londense YAP-program uit te brei en dat ons Maties in die VK ongekende sukses in hul loopbane sal behaal.