Jy word hartlik uitgenooi na ons tweede Maties-wynklub virtuele wynproe-sessie vir 2021. Ons gasspreker vir die aand produseer sy wyne by een van die skilderagtigste wynlandgoedere in SA, waar die ou Kaap-Hollandse argitektuur, pragtig-versorgde tuine en heerlike kulinêre disse ‘n gevoel van rustigheid wek.
Ons is verheug om keldermeester Charl Coetzee van Babylonstoren te verwelkom wat sy kennis en stories met ons gaan deel terwyl ons ‘n seleksie van sy wyne proe: die Babylonstoren Candide, Mourvedre Rosé, Chardonnay, Cabernet sauvignon, en die heerlike Babel Rooi Versnit. Natuurlik weet ons dat wyn en goeie geselskap hand aan hand gaan, maar ons stel ook voor dat jy soutbeskuitjies, olywe en kaas voorberei om jou ervaring nog lekkerder te maak.
Ons het saamgespan met Capreo-wynverspreiders wat sal verseker dat jou wynpakket binne drie tot vyf dae op jou voorstoep afgelewer word. Vir elke wynpakket wat verkoop word, sal Capreo R50 aan die US-beursfonds skenk.
Ons het twee wynpakkette beskikbaar — ‘n standard-pakket (KLIK HIER) en ‘n premium-pakket (KLIK HIER). Die standaard-pakket bevat die Babylonstoren Chenin Blanc, Mourvedre Rosé, en die Babel Rooi Versnit, terwyl ons premium-pakket die volledige keuse bevat wat op die aand geproe sal word, asook ‘n klein geskenkie van ons kant af. Ons stel voor dat jy die wyne 20 minute voor die wynproe-sessie oopmaak.
Datum: Vrydag 4 Junie 2021
Tyd: 19:00 tot 20:30 CET
Plek: Aanlyn (Zoom)
(Die Zoom-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
RSVP: E-pos vir alisonapril@sun.a.za om te RSVP teen Vrydag 28 Mei 2021.
Nooi gerus diegene in jou sosiale kring om te deel in jou wynproe-sessie, sluit aan op Zoom en skakel jou kamera aan. Ons beloof ‘n interessante en prettige aand!
Ons sien daarna uit om jou aanlyn te verwelkom.