Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk van die Universiteit Stellenbosch (Eng. SWAN) in Londen nooi jou oen mede-alumnas om deel te neem aan ‘n prettige middag van warm sjokolade, ysskaats en/of glühwein by die Natuurhistoriese Museum in Kensington.
Ontmoet om 16:00 by die Café Bar (ysskaatsarena) vir ‘n lekker opvang-geselsie voor die ysskaatssessie om 17:00. En dié wat na die tyd nog wil kuier, kan die aand saam met ons afsluit met glühwein.
Bespreking is noodsaaklik, want kaartjies vir die laaste jaar van ysskaats by die museum sal vinnig uitverkoop.
Datum: Saterdag 27 November 2021
Tyd: Ysskaatsgleuf 17:00
Bespreking: Bespreek HIER
RSVP: Stuur ‘n e-pos na darrynh@sun.ac.za teen Maandag 22 November 2021
Jy HOEF NIE te ysskaats om te kom nie. Kom asseblief – ons wil jou graag daar sien.
Die SWAN-netwerk beoog om vroue te verenig deur mentorskapsprogramme, leierskapsopleiding, rondetafelbesprekings en veel meer, en sodoende netwerkgeleenthede te skep onder diverse groepe vroue in ‘n verskeidenheid industrieë – en natuurlik wil ons pret hê langs die pad!
Stuur asseblief hierdie uitnodiging aan ander US-alumni in Londen of omliggende omgewing wat dit nie sou ontvang nie en vra hulle om darrynh@sun.ac.za te kontak om hul besonderhede op te dateer.