Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge bied op Donderdag 6 Februarie ‘n informele alumni-netwerkgeleentheid aan in Kopenhagen waar jy weer vriendskapsbande en netwerke met mede-Maties in jou omgewing kan bou.
Dit sal vir ons ‘n voorreg wees om jou en ‘n metgesel by die onderstaande geleentheid te verwelkom.
Kopenhagen, Denemarke
Wanneer: Donderdag, 6 Februarie 2020
Tyd: 17:00 – 19:00
Plek: Kanton 27 – Solbjergvej 8 – DK-2000 Frederiksberg
Rig jou RSVP aan alisonapril@sun.ac.za teen Maandag 3 Februarie.
Ons Matie-familie is wyd versprei en ons sou regtig graag soveel as moontlik van julle wou bereik. Stuur hierdie uitnodiging gerus aan Maties in jou omgewing en moedig hulle aan om hulle jongste kontakbesonderhede aan alumni@sun.ac.za te stuur.