Loading Events

Maties in Ontario Samekoms

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge nooi jou en jou metgesel na ‘n onthaal in Toronto of Ottawa saam met ons Rektor en Visekanselier, prof Wim de Villiers, prof Hester Klopper, Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, en Darryn Havenga, Alumni-direkteur: Noord-Amerika.Ons het die afgelope twee jaar alumni-takke in die VSA suksesvol op die been gebring en sien nou uit daarna om alumni-takke in Ontario te vestig.Ons is gretig om verhoudings te bou en gesprekke aan die gang te sit.Sal jy by ons aansluit?Toronto GeleentheidsbesonderhedeDatum: Dinsdag 11 Julie 2023Tyd: 18:30 – 21:30Plek:   Huis van dr Glenn Brown, Boswelllaan 8, Toronto, ON, M5R 1M4(Gerieflik toeganklik op die metrolyn en naby Hemingways-kroeg)Drag: Deftig-gemaklikRSVP: KLIK HIER om te RSVP teen Maandag 3 Julie 2023Ottawa GeleentheidsbesonderhedeDatum: Donderdag 13 Julie 2023Tyd: 18:30 – 21:30Plek: Barley Mow Westboro, 399 Richmond Rd, Ottawa, ON K2A 0E9Drag: Deftig-gemaklikRSVP: KLIK HIER om te RSVP teen Maandag 3 Julie 2023Dit sal wonderlik wees om soveel as moontlik van julle te ontmoet.Dalk is daar ‘n paar Maties in Ontario wat nie hierdie uitnodiging ontvang het nie, stuur dit asseblief aan hulle en vra hulle om hul bywoning by darrynh@sun.ac.za te bevestig.