Jy word hartlik uitgenooi na die bekendstelling van ons Maties-wynklub in Switserland. Hier sal jy die geleentheid kry om met verskillende wynmakers en eienaars van wynlandgoedere in die Stellenbosch-wynroete en ander wynproduserende streke in Suid-Afrika, in gesprek te tree. Kom deel en herleef herinneringe aan Stellenbosch terwyl ons na die ikone van die bedryf luister en aan ons gunsteling SA wyne teug.
Ons bied hierdie eerste aanlyn-wynervaring van die jaar aan in samewerking met die befaamde Franschhoekvallei-wynlandgoed, La Motte. Hierdie skilderagtige landgoed spog met ‘n samesmelting van historiese sjarme en rustige tuine, met tradisionele disse en internasionaal bekroonde wyne wat dui op die fynere dinge in die lewe.
Ons is verheug om Edmund Terblanche te verwelkom wat sy kennis en stories met ons gaan deel terwyl ons ‘n keur van sy geliefde wyne proe: die La Motte Sauvignon Blanc 2020, Franschhoek Chardonnay 2018, Pierneef Sauvignon Blanc 2019, Franschhoek Syrah 2017, Pierneef Syrah-Viognier 2017 en die verruklike Millennium.
Natuurlik weet ons dat wyn en goeie geselskap hand aan hand gaan, maar ons stel ook voor dat jy soutbeskuitjies, olywe en kaas voorberei om jou aanlyn ervaring nog lekkerder te maak.
Ons het saamgespan met Capreo-wynverspreiders wat sal verseker dat jou wynpakket binne drie tot vyf dae op jou voorstoep afgelewer word. Vir elke wynpakket wat verkoop word, sal Capreo R50 aan die US se Beursfonds skenk.
Ons het twee spesiaal gekureerde pakkette beskikbaar — ‘n standaardpakket (KLIK HIER) en ‘n premium pakket (KLIK HIER). Die standaardpakket bevat die La Motte Sauvignon Blanc 2020, Franschhoek Chardonnay 2018 en Millennium, terwyl ons premium pakket die volledige keur van wyne bevat wat op die aand geproe sal word.
Ons stel voor dat jy die wyne 20 minute voor die proe-sessie oopmaak en verseker ook dat jy die wyne op die regte temperatuur geniet.
Datum: Vrydag 26 Maart 2021
Tyd: 19:00 tot 20:30
Plek: Aanlyn (Zoom)
(Die Zoom-skakel word twee dae voor die geleentheid per e-pos aangestuur.)
RSVP: Rig asb jou RSVP aan alisonapril@sun.ac.za om te RSVP teen Vrydag 19 Maart.
Kalender: KLIK HIER om die geleentheid in jou dagboek te voeg.
Ons sien uit om jou aanlyn te verwelkom. Verwag beslis ‘n interessante en prettige aand!