Die feestyd is hier en wat is dan nou beter as om ‘n glasie te klink! Sit neer daardie Prosecco en probeer gerus ietsie eg Suid-Afrikaans.
Die Maties-wynklub nooi jou graag na ‘n spesiale virtuele wynproe-ervaring op Donderdag 17 Desember om 19:00. Kom sluit by ons aan en vind meer uit oor ‘n paar van die Wes-Kaap se beste Cap Classique-wyne saam met alumna en Cap Classique-wynmaker, Danielle Jacobs. Hierdie geleentheid is ook dan die laaste van ons wynproe-ervarings saam met die Boschendal-wynlandgoed.
Lees meer oor Danielle hier.
Danielle neem ons op ‘n proe-ervaring van:
- Boschendal Brut Cap Classique NV (£ 15,95)
- Boschendal Brut Rosé Cap Classique NV (£ 15,95)
- Franschhoek Cellar Brut Royale NV (£ 14,95)
Laai gerus notas oor die wyne hier af.
Aankoop-opsies – Cap Classique Discovery Case
Om te verseker dat jy al drie Cap Classique-wyne betyds vir hierdie wynproe-ervaring ontvang, het ons gereël vir voldoende voorraad by die aanlyn wynhandelaar, Slurp. Jy kan dus jou bestelling by https://www.slurp.co.uk/catalogsearch/result/?q=boschendal plaas:
- 3 bottels (1 bottel van elke wynproe-wyn) teen £ 44,95 + £ 7,95 aflewering
- 6 bottels (2 bottels van elke wynproe-wyn) teen £ 87,95 + £ 7,95 aflewering
- Of individueel of die hoeveelheid van jou keuse. (vra vir Slurp oor aflewering)
* Let daarop dat jy nie noodwendig wyn hoef te bestel om deel te neem aan die virtuele wynproe-sessie nie.
*Maties in Ierland — van jou mede-Maties het by ons vorige wynproe-ervaring gebruik gemaak van https://parcelmotel.com/ om aflewering by Slurp te reël. Hulle het sodoende ‘n aansienlike bedrag op internasionale aflewering bespaar.
Feestyd-kompetisie!
DGB Europe gee 6 bottels wyn weg aan een gelukkige lid van die Maties-wynklub wat aan die virtuele Cap Classique wynproe-ervaring deelneem!
Om in aanmerking te kom vir die prys moet jy asseblief uitgevat wees in jou beste feestelike gewaad en sommer spog met jou Kersdekor. Die wenner sal teen die einde van die aand aangekondig word.
Besonderhede
Datum: Donderdag 17 Desember 2020
Tyd: 19:00 – 20:30 (GMT)
Plek: Aanlyn
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan darrynh@sun.ac.za indien jy by ons wil aansluit.
Kalender: KLIK HIER om hierdie geleentheid by jou kalender te voeg.
Die Maties-wynklub: VK & Ierland is ‘n gratis lidmaatskapvereniging vir alumni van die Universiteit Stellenbosch wat in die VK en Ierland woon. Indien jy Maties in hierdie areas ken en wat sou belang stel om aan te sluit, vra asseblief dat hulle my by darrynh@sun.ac.za kontak.