Universiteit Stellenbosch se Afdeling Ontwikkeling en Alumni-verhoudinge nooi jou hartlik uit na ons Wêreld van Werk-week – ‘n jaarlikse ontwikkelingsgeleentheid vir jong alumni en hul loopbane. Wêreld van Werk is ‘n ”stadsaal”-gestileerde gespreksgeleentheid waar jong alumni, alumni-deskundiges en bedryfspioniers vrae kan vra aangaande loopbane, hul opinies kan deel en deeglik ondersoek doen oor hoe die wêreldwye werksomgewing tans daar uitsien. Gevolglik behoort hierdie gesprekke jou te help om jou huidige loopbaanrigting van nader te beskou en jou toe te rus om die pad na sukses aan te pak.
Vir hierdie weeklange reeks het ons vier opwindende onderwerpe gekies.
‘n Groter impak vir opvoeders met beperkte hulpbronne
As jong onderwysgegradueerdes is daar uitdagings wat ons vermoë om leerders te onderrig en te beïnvloed. Onderwysstelsels het dikwels gebrekkige hulpbronne, opvoeders is dikwels oorwerk, en die gebrek aan ondersteuningstrukture in hierdie nuwe gebied kan tot ooreising lei. Hierdie bespreking sal fokus op hoe om werk te maak met die beperkte ondersteuning wat aan opvoeders gegee word – beide binne en buite die klaskamerkurrikulum.
Datum: Woensdag 3 Augustus 2022
Tyd: 18:00 – 19:30
Waar: Aanlyn
Sprekers: Dr Elzhan Rinquest, Dosent by die Departement Onderwysbeleidstudies, Fakulteit Opvoedkunde, in gesprek met Lee-Ann Groenewald, Departementshoof en Visuele Kunste-onderwyser by The Children’s Art Centre, dr Abraham de Villiers, Acorn Education se Hoof van Onderwys en Mkululi Nompumza, Akademiese Ontwikkelingskoördineerder by die Sentrum vir Kreatiewe Onderwys.
RSVP: Klik hier om by die MS Teams sessie aan te sluit.
Vir verdere besonderhede of navrae kontak: sindym@sun.ac.za
Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom!