Loading Events

‘n Kykie agter die skerms

Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (SWAN) in Londen nooi jou graag uit na ʼn begeleide en beskrywende agter-die-skerms-toer van die Natuurhistoriese Museum (NHM), saam met mede-alumna, Hester van Schalkwyk, en landgenoot, Ronel Verwoerd.

Ons sal die oggend afskop deur met Hester te gesels oor haar rol as ʼn postdoktorale navorsingsassistent en haar navorsing oor gasheer-mikrobe-interaksies, wat tot volhoubare landboupraktyke kan lei.

Lees meer oor Hester HIER

Daarna sal Ronel ons alles oor die geskiedenis en die argitektuur van hierdie baie besondere gebou en sy inhoud (NHM) vertel, en kan jy uitsien na ʼn boeiende kykie agter die skerms om te sien hoe (en waarom) die NHM 23 miljoen eksemplare in alkohol in die ‘Spirit Building’ berg.

Lees meer oor Ronel HIER

Ongelukkig is hierdie geleentheid tot 20 persone beperk. Wees asseblief bedagsaam wanneer jy bespreek. As jy bespreek en nie opdaag nie, verhoed jy dat iemand anders hierdie geleentheid kan ervaar.

Besonderhede van geleentheid

Datum:            Saterdag 10 Desember 2022

Tyd:                 10:00 –12:00

Plek:                Natuurhistoriese Museum, Exhibitionweg-ingang, Suid-Kensington, Londen SW7 2 HR

Koste:              Gratis

RSVP:              Klik HIER om teen Donderdag 1 Desember 2022 te RSVP

Ons sal om 10:00 vir koffie by die Hintze Hall Café ontmoet, voordat die toer om 10:30 begin. Ons sal weer by die Hintze Hall Café eindig, waar julle welkom is om koffie, versnaperings en mekaar se geselskap te geniet vir so lank as wat julle wil. (*Alle kos en drank sal vir jou eie rekening wees.)

Ons sien daarna uit om julle almal vir hierdie ongelooflike ervaring by die Natuurhistoriese Museum te ontmoet.