Loading Events

Om die wetenskap agter ChatGPT bloot te lê

’n Stellenbosch wetenskapskafee-praatjie deur Prof Willie Brink

Oor die praatjie

Vir die eerste Stellenbosch-wetenskapskafee vir 2023, gaan Prof Willie Brink die binnewerking van generatiewe modelle in Kunsmatige intelligensie (KI) van nader bekyk, en veral ’n paar basiese beginsels bespreek wat gelei het tot die indrukwekkende vermoëns van hedendaagse natuurlike-taalgenereringsmodelle soos ChatGPT.


Datum: Don 23 Maart 2023

Tyd: 18:00-19:30

Lokaal: JC Smuts Ouditorium A203

Klik hier om te registreer vir die in-persoon of aanlyn praatjie

Sluit na afloop van die praatjie by ons aan vir ligte verversings.

 

Meer oor die spreker

Willie is ’n medeprofessor in toegepaste  wiskunde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy navorsing is gefokus op toegepaste masjienleer, primêr in die domeine van rekenaarvisie en waarskynlikheidsrobotika. Hy is ’n medestigter van die Deep Learning Indaba wat ten doel het om masjienleer in Afrika te bevorder, ’n medestigter van Maties Machine Learning, koördineerder van die DeepMind-beursprogram by die US, en programleier van die gestruktureerde MSc in Masjienleer en Kunsmatige Intelligensie wat in 2021 ingestel is.

Hierdie Stellenbosch wetenskapskafee praatjie is moontlik gemaak deur die US se Fakulteit Natuurwetenskappe en NITHeCS (Nasionale Instituut vir Teoretiese en Berekeningswetenskappe)

Stellenbosch wetenskapskafee is ‘n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om gesprekke oor wetenskaplike kwessies in die openbare sfeer aan te moedig. Volg ons op Facebook of sluit aan by ons verspreidingslys deur ‘n epos te stuur na science@sun.ac.za