Ons hoop jy het ‘n welverdiende ruskans geniet en sien uit na wat hierdie nuwe jaar mag inhou. Jou Pretoria Maties Alumni-tak was hard aan die werskaf en het verskeie alumni-aktiwiteite vir die eerste helfte van die jaar gereël. Ons doen ‘n beroep op jou om aan te sluit! By hierdie geleenthede kan jy kontak bewerkstellig met mede-Maties en nuwe sosiale en besigheidsnetwerke skep. Geniet bobaas-rugby by die openingswedstryd van die 2022 Varsitybeker, piekniek saam met jou familie en vriende, speel ‘n potjie gholf saam met jou maats of bespreek daardie uiters belangrike onderwerp: aandagtigheid, of te wel, mindfulness. Of jy nou een of al hierdie geleenthede wil bywoon – ons sien daarna uit om tyd saam met jou te spandeer.
En daar spring ons weg!
Ons Pretoria Maties Alumni-tak is toe amptelik in November 2021 by die Menlyn Boutique Hotel bekendgestel. Dankie aan almal wat dit bygewoon het. Klik hier vir ‘n keur van foto’s.
Wil jy van jou tyd deel? Jy kan vrywillig op ons takkomitee dien. Kontak Ferdi van Dyk by alumnihubs@sun.ac.za indien jy betrokke wil raak.
Saterdag 5 Maart
Aandagtigheid (mindfulness) met SWAN
Sluit aan by ons dames van die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk (in Engels SWAN) vir ‘n gesprek oor aandagtigheid. Wat is aandagtigheid? Wat is die doel daarmee? Wat is die voordele? Ons gashere is mede-Maties, Marita Welgemoed en Jenny Griesel.
Tyd: 09:00 – 11:00
Plek: Bloskafee in Olympus (Aanwysings)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumnihubs@sun.ac.za teen Maandag 28 Februarie om te RSVP.
Jou globale Matie-netwerk
Moenie vergeet om op www.matiesconnect.com te registreer om jou eertydse universiteitsvriende op te spoor of om op die hoogte te bly van al die jongste alumni-nuus nie.