Maatskaplike geregtigheid en toegang tot hoër onderwys bly deel van die nasionale diskoers in Suid-Afrika. Die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch nooi jou hartlik uit om aan te sluit by prof Thuli Madonsela, wat die Regstrust se leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid beklee, en Nokwanda Siyengo, programbestuurder van die universiteitsvoorbereidingsprogram, SciMathUS, wanneer hulle hierdie uiters belangrike kwessies ter tafel lê.
Dr Nic Spaull, senior navorser in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch en navorsingsgenoot by ReSEP (Research on Socio-Economic Policy), sal hierdie bespreking fasiliteer.
Die Universiteit Stellenbosch is verbind tot diversiteit en meertaligheid. Ons wil graag hê dat ons diverse studentekorps moet slaag want hierdie talentvolle studente het almal die potensiaal om suksesvol te wees. Om hierdie rede staan die werk wat Scimathus doen, om toegang tot hoër onderwys vir leerders uit opvoedkundig-benadeelde omgewings te skep, sentraal in hierdie visie. Ons werk strek selfs verder deur die bevordering van gelyke deelname en verbeterde prestasies in lees, wiskunde en die natuurwetenskappe op skoolvlak.
Daar bly egter vrae: Watter rol kan die universiteit speel om toegang te verbreed en sukses te verseker, asook ons rol in voorspraak en beleidsontwikkeling? Waarom is dit van belang om by hierdie aspekte betrokke te wees en wie is die belanghebbendes?
Sluit gerus aanlyn by ons aan.
Datum: Woensdag, 30 Junie 2021
Tyd: 17:30 (SAST)
Plek: Aanlyn (MS Teams)
(Die skakel na die geleentheid sal op Dinsdag 29 Junie per e-pos aan jou gestuur word.)
RSVP: E-pos vir ljimmy@sun.ac.za teen Maandag 28 Junie 2021 om te RSVP.
Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.