Loading Events

Russel Botman-gedenklesing

Jy word uitgenooi na die jaarlikse Russel Botman-gedenklesing ter viering van die lewe van prof Hayman Russel Botman en sy visie vir Opvoedkundige Geregtigheid. Die onderwerp van vanjaar se lesing is “ Revisiting critical hope in uncertain times ”.

Die jaarlikse Russel Botman-gedenklesing word aangebied deur die Fakulteit Teologie in samewerking met die Kuratoria van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, asook die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie.

Datum: Maandag 18 Oktober 2021
Tyd: 19:00 (SAST)
Plek: Aanlyn (MS Teams)
Spreker: Prof Ronelle Carolissen, Professor in die Departement Opvoedkundige Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch
Respons: Dr Jane Adhiambo Chiroma, Senior Lektor, Departement Leierskap, Pan-Afrika Christelike Universiteit, Kenya.
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za teen Donderdag 14 Oktober 2021 te RSVP. (Die skakel na die geleentheid sal op Vrydag 15 Oktober 2021 per e-pos aangestuur word.)

Ook op die program:

Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom.