Loading Events

Russel Botman: Gedenklesing 2022

Jy word uitgenooi na die jaarlikse Russel Botman-gedenklesing ter viering van die lewe van prof Hayman Russel Botman en sy visie vir Opvoedkundige Geregtigheid.

Die jaarlikse Russel Botman-gedenklesing word aangebied deur die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Teologie in samewerking met die Kuratoria van die Verenigde Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, asook die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie.

Datum: Dinsdag 18 Oktober 2022
Tyd: 19:00 (SAST), Verversings sal vanaf 18:00 bedien word.
Plek: Attie van Wijk Ouditorium, Fakulteit Teologie, 171 Dorpstraat, Stellenbosch
Spreker: Prof Thuli Madonsela, die voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika en huidige bekleër van die Leerstoel in Maatskaplike Geregtigheid aan die US.
Respons: Mnr Ainsley Moos (Voorsitter: US Raad)
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSVP en laat weet ons indien jy in persoon by ons sal aansluit en of jy dalk aanlyn verkies.
***Indien jy aanlyn wil bywoon, Neem kennis dat die skakel sal op Maandag 17 Oktober per e-pos aangestuur word.

Ook op die program:

Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.