’n Paneel deskundiges sal gesels oor die tema “Bul of beer? Leiers se sienings oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie”.
Toonaangewende denkers soos dr Patience Nombeko Mbava (voorsitter van die Suid-Afrikaanse Finansiële en Fiskale Kommissie), dr Marlene le Roux (uitvoerende hoof van Artscape) en Simon Susman, voorsitter van Conservation South Africa, president van Intercontinental Group of Department Stores, raadslid van vyf maatskappye en voorsitter van Woolworths Holdings Bpk, sal gedagtes uitruil.
Dr Morné Mostert, die voormalige direkteur van ons Instituut vir Toekomsnavorsing, sal as moderator optree van wat beloof om ’n hoogs insiggewende gesprek te wees in die lig van die huidige uitdagings en geleenthede in sowel die Suid-Afrikaanse as die wêreldekonomie.
PLEK: Adam Small-teaterkompleks
KOSTE: R250 per persoon (sluit ‘n volledige Suid-Afrikaanse ontbyt in)
BESPREEK JOU KAARTJIE: Skakel
*Word aangebied in vennootskap met die Stellenbosch Bestuurskool