Ons nooi jou graag uit om deel te wees van ons fokusgroep vir Maties Alumni-takke in Helsinki. Alumni-takke help die Afdeling Ontwikkeling en Alumnibetrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch met die bou van netwerke deur geleenthede te organiseer wat alumni die kans bied om met mekaar in verbinding te tree, saam te werk en daardie eiesoortige Matie-vernuf vanuit ‘n diverse professionele poel te benut.
Sluit asseblief by ons aan vir ‘n informele in-persoon byeenkoms in Helsinki op Donderdag, 15 Desember om 17:30 waar ons sal gesels oor Alumni-takke en wat van ‘n vrywilliger-span verwag word.
As jy belangstel om meer uit te vind en deel van die span in Helsinki te wees, stuur gerus ‘n e-pos na alisonapril@sun.ac.za vir besonderhede van hierdie samekoms. KLIK HIER om teen Vrydag, 9 December te RSVP. Om deel van die span te word sal wonderlik wees en uiters lonend, en ‘n manier om terug te gee aan die Universiteit Stellenbosch, so raak beslis betrokke!
Ons sien uit na jou entoesiasme, waardevolle insae en eerstehandse kennis oor ‘n land wat kan bydra tot die uitbou van ‘n lewendige Matie-gemeenskap in Europa.