Die Universiteit Stellenbosch (US) nooi u graag uit na ‘n uitsonderlike geleentheid waar u by mede-alumni, skenkers en vriende van die Universiteit kan aansluit om prof Thuli Madonsela, die voormalige Openbare Beskermer van Suid-Afrika en huidige bekleër van die Leerstoel in Maatskaplike Geregtigheid aan die US, te ontmoet.
Â
Kom kuier gerus saam by een of meer van hierdie geleenthede terwyl prof Madonsela in die Verenigde Koninkryk is.
Â
Stap saam en Kuier met Prof Thuli
Datum: Saterdag 10 September 2022
Tyd: 10:00 tot 12:00
Plek: Begin by Suid-Afrika Huis en eindig met verversings by The Royal Horseguards Hotel
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za om te RSVP teen Donderdag 6 September 2022
