Die Stellenbosch Vroue-alumnae Netwerk van die Universiteit Stellenbosch (SWAN) in Pretoria nooi jou graag om Internasionale Vrouedag saam met jou mede-alumnae te vier. Sluit asseblief by ons aan vir ‘n bespreking getiteld Lewe na verlies, gelei deur dr Rina Wilken, ‘n kenner op die gebied van leierskap, entrepreneurskap, mentorskap en afrigting. Ons sien uit na stimulerende gesprekke, ‘n heerlike ete en drinkgoed.
SWAN beoog om vroue te verenig deur mentorskapsprogramme, leierskapsopleiding, rondetafelbesprekings en veel meer, en sodoende netwerkgeleenthede te skep onder diverse groepe vroue in ‘n verskeidenheid industrieë – en natuurlik wil ons ook pret hê!
Die besonderhede van die geleentheid is as volg:
Datum: Saterdag 5 Maart 2022
Tyd: 09:00 -11:00
Plek: Blos Café (Aanwysings)
Koste: R80.00
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumnihubs@sun.ac.za om jou plek te bespreek
Neem asseblief kennis
As gevolg van COVID-19-regulasies, is daar beperkte kapasiteit beskikbaar so jy sal moet gou spring om jou plek te bespreek.
Ons sien uit daarna om jou te verwelkom.